Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die newel en die lewe

“Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.”

Jesaja 44:22
 

Hierdie jaar het ons amper nog laat-somer weer in die middel van die herfs. Maar dit duur nie meer lank nie dan kom die winter sekerlik ook. Hierdie tyd van die jaar is daar ook dikwels mis (newel). Die verkeersverslag waarsku dan ook altyd waar dit op sy sterkste is en mens ekstra versigtig moet ry.

'n Paar jaar gelede het ek een keer met die motor deur so 'n dig mis gery. Dit wat so asof mens in die sitkamer sit want mens kon regtig net drie of vier meter voor jou sien. Selfs die weiding aan die anderkant van die pad was deur mis bedek. Ten spyte van 'n goed verligte pad kon mens nie veel vinniger as loopspoed ry nie want mens kon nie sien wat dalk voor jou is nie.

So is hierdie mis dikwels ook vir ons gevaarlik en verberg somtyds die skoonheid van die natuur. Maar, aan die ander kant, kan dit net so ook die lelike plekke, wat onaansienlik is, bedek. Presies hierdie beeld word beskryf in vandag se Bybelvers. Hoe God newel stuur wat menige lelike dinge bedek, bedek God ook ons sondes en ongeregtighede met so 'n mis totdat hulle glad nie meer sigbaar is nie.

Soos in ons omgewing, is daar in ons lewens ook mooi en lelike kante. Ons is trouens mense en kry dit nie reg om altyd net goed in ons lewe te wees nie. Hoe goed is dit dan wanneer God ons so 'n newel stuur!

Jesus is hierdie newelmasjien waardeur ons sondes onsigbaar word. Deur Sy dood aan die kruis van Golgota het Hy al ons sondes op Homself gedra. Hy wat sonder enige sonde was, het die slagoffer vir ons sondes geword. Ons het dit nie nodig om enige duiwe of bokke te slag wanneer ons sondig nie – al dit het Hy as die onskuldige Offer reeds gedra.

Ons moet net hierdie Offer aanvaar. Wie aan Jesus glo en daaraan dat Hy ons skuld gedra het, is vry, hy is verlos van alle skuld. Jesus se bloed is ons verlossing, sonder Sy bloed kan niemand van ons na die Vader toe kom nie, maar Hy het die pad vir ons vry gemaak.

Wanneer jy volgende keer in mis staan, dink daaraan hoe Hy jou skuld bedek het en dank Jesus dat Hy alles op Homself geneem het.

Het jy al ooit opgelet dat “Nebel” in duits agteruit “Leben” (lewe) lees?
En in Engels is “live” agteruit gelees “evil” (boos)

Ek wens jou 'n geseënde dag waarop jy vry voor God kan staan.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The fog and life
Zur deutschen Originalversion: Der Nebel und das Leben


Next devotion: Die Versoening van my lewe

Previous devotion: Ek kan die hele dag lank vies word – maar ek is nie verplig om dit te doen nie


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration