Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Versoening van my lewe

“Alles wat volgens die bevel van die God van die hemel is, moet stiptelik uitgevoer word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar 'n toorn kom oor die koninkryk van die koning en sy seuns?”

Esra 7:23
 

Die priesters en skrifgeleerdes in Ezra het die Israelite beveel om baie versigtig te wees. Alles wat die wet en wil van God gevorder het, moes sorgvuldig en met die uiterste toewyding nagekom word. Niks minder nie. As ons dit so lees, kan ons partykeer baie bly wees dat ons, as gelowiges, nie in die tyd van die Ou Testament geleef het nie. Ons dink miskien dat ons in ons huidige lewe as Christene, partymaal ook probleme, tekortkominge en swaarkry beleef, maar in 'n wetlike omgewing sou ons waarskynlik heeltemal misluk het en veels te min offerande kon volbring. En ons weet dat 'n totale, toegewyde instelling, in gedagtes en dade, die enigste en wetlike gedrag sou wees om daagliks in die teenvoordigheid van ons groot en genadige God te tree. God is dit werd! Maar terselfdertyd as ons dit moet en wil erken, word dit duidelik, dat ons hierdie toewyding te min, skaars, of glad nie betoon nie. En ons besef hoe waar dit wat ons in Markus 14:38 lees is: “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” Daar was en is waarskynlik volgelinge van Jesus wat op 'n merkwaardige manier in hul geloof, diens en opoffering hul beste gegee het. Ek dink veral aan die martelare, die groot sendelinge, Christene wat inderdaad vervolg en opgesluit is omdat hulle aan Jesus geglo het, en baie van hulle wat onbaatsugtig geleef het en hulle lewe lank baie liefde en werk investeer het. Hulle was egte voorbeelde vir ons. Jesus Christus ken elkeen wat aan Hom behoort – gister, vandag en ook môre. 'n Versie in 'n lied sê “Dankie dat U my ken, en nogtans (!) lief het”!

Die Seun van God is nie net vir ons sondes en vergifnis gekruisig nie, maar Het Homself opgeoffer vir ons middelmatigheid, ons gebrek aan tyoewyding en ons ontrouheid en egoïme. Dit is die versoening wat dit moontlik gemaak het – ten spyte van ons swakhede en onvermoë – om God met hart en siel te kan dien. Wat was die doel van die wet? Sodat ons dit met uiterste disipline sal hou? Miskien sou 'n paar toegewyde gelowiges in staat gewees het om dit vir 'n paar oomblikke te gehoorsaam? Maar 'n hele lewe lank? Paulus skryf in Romeine 3:19-20 “Nou weet ons dat alles wat die wet sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.” As ons besef hoe armsalig ons ook partymaal as Christene is, selfs al is ons al dekades lang Christene, word ons nog meer bewus van die soenoffer van Jesus en die groot genade daarvan. Ons kan definitief niks sonder Jesus doen nie - Hom ook nie op die regte manier dien nie (Johannes 15:5). Jesus is die Leidsman en die Voleinder van die Geloof (ook al is Hy nie so “alledaags” nie). Ons word nie beter as ons voortdurend oor ons toestand jammer en kla nie, maar daardeur dat ons dankbaarder word en begryp wat die vergifnis van sondes alles behels en in my geestelike dooie hart bewerk het – gister, vandag en môre. Eers dan begin ons om te verander. Amen!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The Atonement of my life
Zur deutschen Originalversion: Die Sühnung meines Lebens


Next devotion: Christus of Muhammed

Previous devotion: Die newel en die lewe


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration