Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Ek kan die hele dag lank vies word – maar ek is nie verplig om dit te doen nie

“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Ag HERE, gee tog heil; ag, HERE gee tog voorspoed!”

Psalm 118:24-25
 

Op Maandag is my kort vakansie weer verby en ek moet teruggaan werk toe. Die heerlike dae, waarop mens kan doen wat mens wil is verby. Dan lui die alarm weer elke oggend om mens te herinner dat jy nie weer kan omdraai nie, maar moet opstaan en gereed moet maak om te gaan werk.

In 'n anekdote word 'n man by 'n voorstellingsgesprek gevra: “Watter soort van perspektiewe het jy by die werk?” - “Naweke en vrye tyd” - “Ons bedoel lang termyn” - “Die vakansie”.

Hoeveel van ons lewe slegs met die vooruitsig van die naweek of vakansie? - Wanneer ons kan lewe sonder om deur 'n baas of onderwyser voorgesê te word wat ons moet doen? So is die lewe baie kort. Die paar vry dae per jaar, in teenstelling met die ander dae, gee ons nie veel vrye tyd nie.

Vandag se Bybelvers sien dit heeltemal anders. “Dit is die dag wat die HERE gemaak het!” Elke dag, ongeag van wat ons doen, is 'n dag wat God ons geskenk het. As ons die meeste dae uitsluit, verwerp ons die gawe van God. Ons moet ook uitsien na werk of skool!

In 'n preek hoor ek eendag die volgende sinne:

Jubel as jy 'n kaartjie kry terwyl jy bestuur – dit beteken jy kan 'n motor bekostig!
Jubel as jy 'n groot berg strykwerk het – dit beteken jy het genoeg om aan te trek!
Jubel as jy 'n nuwe yskas benodig – dit beteken jy het baie vars kos om te eet!
Jubel as jy moet gaan werk – dit beteken jy kry geld...

Hierdie lys is eindloos. Baie van dit wat op die eerste oogopslag negatief lyk, het ook sy positiewe sy. Baie van dit wat ons vies maak, het aan die ander kant meesal ook rede om dankbaar te wees en te jubel!

Sien die lewe eenkeer deur hierdie bril en jou lewe sal baie voller word en jy sal meer van hierdie geskenkte tyd hê!

Waarvoor kan jy vandag dankie sê?

Ek wens jou 'n geseënde en dankbare dag.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: I can get annoyed all day long – but I am not obliged to do so
Zur deutschen Originalversion: Ich kann mich den ganzen Tag ärgern - aber ich bin nicht dazu verpflichtet


Next devotion: Die newel en die lewe

Previous devotion: Het jy God al ooit gesien?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration