Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

In Ewigheid - Amen!

“Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?”

1 Korinthiërs 15:55
 

Ek moet absoluut niks doen nie – behalwe om eendag te sterwe...

Het jy al ooit daaraan gedink? Solank as mens jonk is en jou hele lewe nog voor jou lę, dink baie mense glad nie oor die dood na nie. Maar as mens eers 'n bepaalde ouderdom bereik het, dan begin mens daaroor na te dink: Hoe lank het ek nog? Hoe sal dit wees? Wat kom daarna?

Party glo aan reďnkarnasie en nirvana, ander glo dat niks daarna kom nie – Ek glo aan die hemel – en amper niemand glo aan die hel nie...

Hoe treurig sou dit wees om in die niet of in ewige nirvana te kom? Om uit die niet in die węreld in te kom en dan na 'n paar jare weer in die niet in te verdwyn? Dan kan mens net probeer om alles uit die lewe uit te haal, te geniet en net aan jouself te dink...voordat dit eendag te laat is...en dan altyd hierdie vrees, wanneer die dood eendag sal kom...

Dit is nie my geloof nie. Ek glo aan God, die Vader, wat my geskape het en my alreeds geken het voor ek gebore is. Ek glo aan die Heilige Gees, wat my elke oomblik van my lewe vergesel en my die ware sin van die lewe wys. Ek glo aan Jesus Christus, wat die weg tot die Vader geopen het en ons voorafgegaan het in die ewige Heerlikheid.

Maar ek glo ook dat baie mense verlore is. Ek glo dat diegene wat die Heilige Gees nie ontvang het nie, nie die betekenis van die lewe verstaan nie. Ek glo dat daar 'n groot geween en gekners van tande gaan wees wanneer hulle voor die regterstoel van Jesus Christus staan.

Baie mense glo nie aan die Seun nie, hulle glo aan die karnaval lied, waarin dit staan: Ons kom almal, almal in die hemel. Hierdie bedrieglike woorde kom alleenlik van die een wat ons ondergang wil hę: Satan. Die Bybel praat duidelik daarvan dat daar eendag 'n Groot Wit Troon Veroordeling sal wees en mense na die regs en na die links geskei sal word – dit praat daarvan dat die een deel in die ewige Heerlikheid sal kom en die ander in ewige verdoemenis.

Waar sal jy die ewigheid deurbring?

In Nirvana? In die ewige nietigheid? - Wat as jy jou vergis? Dan sal jy in die ewige verdoemenis kom!

Met Jesus kan jy nie verloor nie! As jy jou lewe aan Hom oorgee, is jou Verlossing verseker!

Dit is nooit te vroeg om daaroor te dink nie – want jy weet nie die dag of die uur wanneer dit sal wees nie – en dan sal dit te laat wees om van besluit te verander!

Wat kies jy!

Ek wens jou nog 'n geseënde dag!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: In Eternity - Amen!
Zur deutschen Originalversion: In Ewigkeit - Amen!


Next devotion: Die Tien Vergunnings

Previous devotion: Die Nuwe Jerusalem


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration