Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Tien Vergunnings

“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My geboeie onderhou. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreek nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.”

Exodus 2:2-17
 

Wie ken nie die Tien Gebooie nie? Een vind dit goed, 'n ander rebelleer daarteen dat dit altyd weer sê: jy mag..., jy mag nie. Toegegee, ek hou ook nie altyd van hierdie aanmanende wysvinger nie. En daarom wil ek vir julle vandag aan die Tien Gebooie anders geformuleer, voorstel:

1 Jy mag die God van Israel en die God Jesus Christus as die enigste God aanbid. Jy hoef nie ander gode en plaasvervanger-idologieë na te strewe nie.

2 Dit is jou vergun om die Naam van God te eer en te waardeer. Jy hoef nie ledig toe te kyk hoe Sy Naam deur die modder gesleep word nie.

3 Niemand verbied jou om Sondag te respekteer nie. Hou jou vry van werk en vul jou dag met ontspanning en nadenking. Neem tyd vir God en vir diegene met wie jy graag tyd verbring.

4 Wat is eintlik daarteen om jou vader en moeder te respekteer? Selfs as jy van ander mening is as hulle, sal dit jou nie kwaad doen om hulle in ag te neem nie. Na alles, hulle het jou in die lewe gebring en jou groot gemaak.

5 Jy is uitgenooi om die lewe te bewaar en dit te beskerm. Om moord en doodslag te verwerp en die lewe te bewaar wys opregte grootheid.

6 Dit is nie verbode om geleenthede van egbreek te vermy of uit die weg te gaan nie. Hoekom moet jy in ander se verhoudings inmeng? Kommer jou oor jou eie huwelik en familie en sorg vir hulle so goed as wat jy kan!

7 Wie sê diefstal is 'n nietigheid of populêre sport? Jy kan rustig lewe as jy jou nie aan vreemde eiendom vergryp nie. Ten slotte wil jy ook nie dat ander dit steel wat vir jou waardevol is nie.

8 Jy mag die waarheid vertel. Vertroue en harmonie kan net bestaan as niemand 'n ander iets probeer voormaak nie.

9 Niemand dwing jou om wellus teenoor die vrou van jou kollega of die man van jou buurvrou te koester nie. Eggenoot-omruil is miskien chic vir die een of die ander. Maar jy mag anders daaroor voel. En dit is geensins skandalig of outyds nie.

10 Hoekom voortdurend droom van ander se besittings? Jy mag daarmee waarvoor jy self gewerk het of iemand jou geskenk het, tevrede wees. Afguns het nog nooit iemand goed gedoen nie.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The Ten Concessions
Zur deutschen Originalversion: Die Zehn Erlaubnisse


Next devotion: God openbaar Homself in die Bybel

Previous devotion: In Ewigheid - Amen!


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration