Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Ware Skoonheid

“Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.”

Jesaja 53:2-3
 

Die fisiese skoonheid is 'n hoogaangeskrewe menslike eienskap in ons wêreldwye kultuur. En terselfdertyd ook die mees oppervlakkigste en voorgenome van alle waardasie kriteria onder mense. Ons is innerlik outomaties daartoe geneig om skoonheid met reinheid en waarheid en lelikheid met leuens en onreinheid te vergelyk. Maar, in die algemeen is dit beslis nie so nie. Baie dinge in die wêreld het net die skyn van skoonheid en by nader betragting is dit vêr van die waarheid af. Dit wat mens sien of glo dat jy gesien het, weerspieël meestal ontoereikend dit wat waar en reg is. Skoonheid is beslis altyd in die oog van die behouer, maar wat tel, is die innerlike liefde wat daarmee gepaard moet gaan. Ons mense is ten gunste van ooglopende skoonheid en is derhalwe meestal ongereg en blind. Baie deure word van alleen oopgemaak vir 'n mooi mens. Toe God Mens geword het, het Hy geen aantreklike uiterlike voorkoms gekies nie. Daardeur word duidelik, wat belangrik en wat onbelangrik is. Jesaja het vooruit geprofeteer dat hierdie Jesus verag en as onwaardig en oninteressant gesien sou word. Met God is nie die uiterlike belangrik nie, maar die innerlike en Sy lewendige Woord – en op hierdie waardes gebaseer het die HERE op die aarde verskyn. Tesame met die betekenis van die redding (wat die belangrikste is) is dit ook duidelik, dat die gevaar bestaan vir die mens om inhoud, mense, aktiwiteite, dienste, werk ens. slegs na die uiterlike en met 'n dubbelsinnige standaard te beoordeel, te evalueer en hulle daarvolgens te rig. Ook Christene is nie vrygestel daarvan nie, soos ons byvoorbeeld sien by Samuel wat Elìab tot koning wou kroon omdat hy groot, aantreklik en sterk was. Presies so het hy hom 'n koning voorgestel.

Maar God tree in en het korrektief gesê: “Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Samuel 16:7). Op Jesus rus die Gees van wyeheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE (Jesaja 11:2). God rig Homself nie na dit wat Hy uiterlik sien of met Sy oor hoor nie, maar HY tree altyd geregtig en waar op – by elkeen! Dit moet ook vir ons onder mekaar van toepassing wees en moet wees waarna ons ook strewe. Johannes skryf “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel” (Johannes 7:24). Vra ons onsself, of ons vriende, gespreksgenote (of gade) slegs deur die uiterlike, aangename of na die manier van praat uitsoek? Dit is ongetwyfeld partymaal moeilik om altyd teen mens se natuurlike gewoonte, sensasie en persepsie, mense waarmee mens te doen het, op 'n goeie en regverdige manier te beoordeel. Maar miskien sal ons daarmee begin? God het beslis niks teen skoonheid nie (inderdaad het God ALLES baie goed en mooi gemaak in die begin – 1 Genesis 1:31). Maar alles is nie daarop gebasser nie, maar eerder op God se wil en dit wat daaragter steek. Sowel as op die waarheid en of iets paslik en geregtig is of nie. Wat werklik mooi maak en 'n mens uiterlik verander is genade, vergifnis, liefde en aanvaarding. Die mooiste mens wat ooit gelewe het, was en is Jesus Christus – ons sal dit ten laaste in die Hemel besef.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: True Beauty
Zur deutschen Originalversion: Wahre Schönheit


Next devotion: Die Nuwe Jerusalem

Previous devotion: Wie val, verongeluk nie


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration