Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Wie val, verongeluk nie

“Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.”

Johannes 6:28-29
 

Wie glo, werk! Die geloof gaan so te sê in 'n dubbelle sin sy bestemming na. Eerstens, dat ons Jesus Christus as die Seun van God sien, en tweedens erken dat ons gekies is om die HERE te volg – deur die geloof en die vrugte wat dit voortbring. Daar was vroeër by die dissipels (daar was baie meer as net twaalf aan die begin) heelwat verskille. Wat Jesus oor die 'brood van die lewe' (Johannes 6:48) gesê het, het party van hulle kwaad gemaak en hulle het die rug op Hom gekeer (vers 60-65). Hulle het dit as 'n “hart les” ondervind en kon dit nie verteer nie. Jesus het oor Sy dood op die kruis gepraat. Die oorblywende twaalf dissipels het dit ook eers regtig verstaan nadat Jesus van die dood uit opgestaan het, soos Hy vooruit gesê het. Maar hulle het Jesus, ten spyte van hulle gebrek aan begrip nie verlaat nie en Petrus as verteenwoordiger het Hom gevra: “HERE, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God” (Johannes 6:68-69). Petrus het Jesus liefgehad. Dit was beter as alle kennis en begrip. Jesus was nie kwaad daaroor dat die dissipels Hom nie op elke vlak kon volg nie want Hy het geweet dat die gebeure wat sou volg, lig in die duisternis sou bring. Jesus het die dissipels se voete gewas (Johannes 13:3-10) en Petrus was vereers ooglopend ongemaklik en verleë. Na dit wat hy met Jesus ervaar en erken het, was dit net te veel vir hom. Jesus het verduidelik dat hy hierdie handeling nie nou sou verstaan nie, maar om te meer daarna. Hoe doen ons God se werk? Deur die praktiese geloof aan Jesus Christus en deur Hom te volg! Ons Christene is die lewend wordende werk van God, en word beskut deur God se mag tot aan die einde, dit wil sê deur die openbaring van ons geloof, geregtigheid en verlossing. En dit nieteenstaande alle teenspoed en onmoontlike situaties.

Ons lees dit in 1. Petrus 1:3-5 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.” Hier op die aarde is die plek waar ons bewaar maar ook beproef word. Waarom? Omdat geen gelowige mens sonder God se beskerming, geestelik kan eksisteer in die heerskappy van Satan nie. En omdat ons persoonlikhede, wat kan en wil glo, eg en geloofwaardig moet word (verse 6-7) Dit gebeur deur “allerhande proewe” (2 Korinthiërs 4:17) wat die gevolg is van 'n kosbare beproewing op die aarde en 'n ewige saligheid in die hemel. Satan wil ons vernietig, maar ten einde dien hy ons gelowiges met sy aanvalle op ons. En as ons val, dan staan ons weer op (Spreuke 24:16; Psalm 37:24). Hy wat val, verongeluk nie! Satan is onderdanig aan die ewige wil van die Almagtige – ons Christene is die bewys daarvoor, selfs as ons foute begaan. Veral dan word dit baie duidelik hoe nodig ons verlossing het, en hoeveel meer die geregtigheid van God (naamlik die Seun van God) al ons sondes vergewe het en sal vergewe (2 Korinthiërs 5:21). God het ons die geloof geskenk en sal ons, volgens Sy belofte, na die eindpaal bring. Jesus Christus is die Leidsman en Voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2). Amen

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Whoever falls, does not crash
Zur deutschen Originalversion: Wer fällt, stürzt nicht


Next devotion: Ware Skoonheid

Previous devotion: Die spot van die laaste dae


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration