Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Op die straat van Hoop Deel 2

“'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God! Kyk, die Here Here sal kom as 'n Sterkte, en Sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.”

Jesaja 40:3,10
 

Maar ek moet oppas om myself nie vir my foute te veroordeel en te verdoem nie. Want dan eindig die weg voor 'n muur van self-beskuldiging en vertwyfeling. “Ek kan myself nie vergewe vir dit wat ek gedoen het nie. My lewe het sinloos geword.” Watter self-veroordeling steek agter sulke woorde! Veroordeel julself nie, sê Paulus. Dit beteken vir my: Veroordeel jouself nie. Ons is op die enge weg en berei ons voor vir die Here: onvolkome, en tog het Hy ons lief. Wees barmhartig teenoor jouself, soos God was, is en sal wees.

“Want op die einde sal ons nie onveroordeeld bly nie. Maar ook nie sonder barmhartigheid nie.” God sal ons beoordeel wanneer Hy kom. Hy ken ons beter as wat ons onsself ken. Elkeen wat aan God behoort sal sy deel van lof ontvang. Ons hoop is: God kom as Regter na ons toe, maar met die gesig van Sy Seun. Wanneer God kom, dan met die gesig van Christus: Op Hom wag ons, op Hom hoop ons nou gedurende die Advent. Ons probeer, met ons liede en gebede, ons luister en swyg, om bewus te word van 'n deel van Sy wederkoms en dit met te neem op ons pad. Die vier Advents- sondae wys ons watter Regter ons ken en durf verwag: “Kyk, jou Koning kom na jou toe, 'n Regter en 'n Helper”. Hy wil ons beste hê. “Staan op en hef julle hoofde op, want julle Verlossing is naby.” 'n Bemoedigende vers. Ons mag, op ons smal weg die Here met gehefde hoofde tegemoetgaan. Vir ons geld nie “Jy moet!” nie. Die Regter gee ons moed en bevryding. “Berei die weg vir die Here voor, kyk, die Here kom met krag.” Waar Jesus ookal kom, verander die wêreld. Weë wat ons nie kan sien nie word geopen. Dit is waar: Hy wat die wêreld kan verander, kan ons foutiewe, onaktiewiteit omskep in geregtigheid en vrede. Hoe dikwels probeer ek om my klas dit te leer.

Ons kyk terug oor ons lewenspad, in retrospek, hoe God ons eintlik deur die lewe gelei en die rigting gewys het. Ons moet dankbaar wees vir elke oomblik saam met elke persoon wat ons gemeensame pad gedeel het. Ons kan dit verdra as ons voet wankel, as ons twyfel en misluk. Ons weet dat Jesus ons barmhartige Regter is. Ons kyk vol hoop vorentoe om God se pad verder te kan volg. Ons kan 'n lig word, want ons Lig kom. Ons sing met die kinders lig-liede: Dra in die wêreld nou 'n lig; Dik, rooi kerse; God se Woord is soos 'n Lig in die Donker; In Advent is 'n Lig ontwaak... Die kinders sing hierdie liede met blydskap. Besonders graag sing ons hierdie jaar die Gospel lied: verse 1: This Little light of mine. I'm gonna let it shine. Let ist be, gonna let ist shine. Verse 2: Everywhere I go, I'm gonna let it shine... Verse 3: All in my heart, I'm gonna let it shine....

'n Geseënde, vreedsame Advents tyd!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Upon the road of Hope Part 2
Zur deutschen Originalversion: Auf der Straße der Hoffnung Teil 2


Next devotion: Jy

Previous devotion: Op die straat van Hoop Deel 1


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration