Daar is 'n breë weg voor my, wat deur berge en dale loop, 'n straat wat duidelik uitstaan van die res van die land af en maklik is om op te bly. Ons moet ons voorberei op die koms van die Here. 'n Groot taak. Te groot? Elke lewensweg lyk anders, maar elkeen het teleurstellings, struikelblokke van twyfel, verkeerde weë, alledaagse stress. Veral in hierdie Advent seisoen met al die voorbereidings en druk, is dit dikwels moeilik om die weg van die Here voor te berei en Sy wil te doen.
Paulus wys ons 'n klein stukkie van die groot weg. Hy wys hoe ons die smal weg kan gaan, wat soms moeilik is om te vind. Dit is miskien veral van toepassing op die Advents seisoen, wanneer ons 'n poging maak om, tussen die lig van kerse en advents ligte, 'n lig vir ons pad aan te steek.
“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here. Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.” (1 Korinthiërs 4:1-5)
Spontaan dink mens aan Jesus, aan Sy woorde en dade. Ons dink aan die Saligsprekinge, weet “jou naaste liefhê soos jouself”. Ons het die bevel ontvang om dit te doen in die werkplek, in die familie, in die wêreld en in die gemeenskap. Dit beteken om vir God die weg voor te berei. Die verligting vir dit wat ons doen is in dit wat Paulus sê, oor ons, oor God en oor God en ons. Oor ons sê hy: Oordeel jouself nie, nie vir goed of vir sleg nie. Vir my beteken dit: Veroordeel jouself nie vir die foute wat jy gemaak het en verder maak nie. Ek dink nie dit gaan daaroor om jou foute nie waar te neem nie. Baie van dit wat ons verkeerd, onvolstandig en halfpad doen, het met ander mense te doen. As ek op ander mense ag, dan kan ek nie ignoreer wat ek met hierdie mense doen en hulle aandoen nie. Foute moet voer tot verandering. Ek kan my rigting op my pad verander, ek kan nuwe, beter weë soek en loop.
Voortsetting volg...