Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Verlossing deur Verhouding

“In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand.”

Efésiërs 1:7-8
 

Die mees skouspelagtige verkondiging, die diepste verklaring, die beste voel-goed atmosfeer en die kragtigste eis is nietig indien die middelpunt van alle woorde en gedanke nie die vergiete bloed van Jesus Christus is waardeur ons die vergifnis van ons sonde bekom het. Vrome emosie is geen plaasvervanger vir die verlossing van sonde, dood en die duiwel nie! Die Bybel sę dit duidelik en omomwonde: “sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” (Hebreërs 9:22)! Mens kan dink wat mens wil, dit is 'n geestelike, bybelse and dus goddelike feit. Wie die bloed van Jesus Christus vir onbelangrik of selfs onsuiwer hou, en daarmee die Seun van God vertrap, sal sy (harde) oordeel moet aanvaar, ongegag wat vir 'n soort mens hy is, of hoe vroom hy is (Hebreërs 9:28). Daar is selfs verkondigings deur on-Christelike godsdienste wat oor die algemeen ontken dat so iets soos verlossing nodig was – hier het die duiwel reeds 'n groot werk verrig. Ons mense het 'n dodelike virus in ons, 'n ongeneeslike siekte en 'n psigiese afhanklikheid teenoor die dood, wat ons onvermydelik in ellende en verderf bring en ons op elke manier voor God diskwalifiseer. Sonder uitsondering, is daar in ons definitief niks goed te vinde nie (Romeine 3:22-24). Ons het 'n massiewe tekort aan die waarheid, reinheid, doel, identiteit, verhouding en toekoms. Ons lewe en die doel van ons bestaan is vermors sonder 'n blye en heilige verhouding met die Skepper en Vader van alle goeie dinge. God sien alles wat Hy gemaak het, en – dit was baie goed (Genesis 1:31). God het nie die sonde gemaak nie, dit behoort geheel en al aan ons en beteken soiets soos “die teiken mis”. Sonder geloof en begeerte na verlossing van ons sondes, is ons lewe verlore en sinloos.

God maak nie foute nie, maar Hy kan en wil vir elke mens 'n nuwe begin deur die Evangelie gee. Hier is die uitnodiging: “En die Gees en die bruid sę: Kom! En laat hom wat hoor, sę: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openbaring 22:17). Die sonde is 'n skandvlek vir die nasies (Spreuke 14:23). Die vyand het 'n geheimsinnige belangstelling daarin dat Christene verder hulle vroom liede sing en die voel-goed Evangelie uitleef, solank as die kruis, die bloed en die vergifnis van sondes net 'n ondergeskikte rol speel. Wanneer die gawes van die Gees en die program en alles wat daarmee gepaard gaan (so aanlokkend soos dit mag wees) ons nie bewus maak van die genade en verlossing van die ewige verderf nie, word ons miskien vermaak maar nie geseënd nie. Soms wens ons miskien meer liefde en vertroue tot God en weet ons nie so reg hoe ons dit kan kry nie? Hoe jouself besig in die Gees van waarheid met dit wat Jesus Christus vir jou op Golgotha aan die Kruis gedoen het. Ontdek die ewige dimense van God se genade en liefde, en hulle verreikende gevolge vir jou lewe hier en in die ewigheid. Dan sal jy meer en meer gesëen word, en begin verstaan wie God is. Dan sal jy deur God self in jou siel beroer en aangeglimlag word. Daar is die bron van alle liefde en vertroue – nou en in alle ewigheid! Die Weg, die Waarheid en die Lewe in God en vir God en deur God – slegs geldig in Jesus Christus, ons Heer en Heiland (Johannes 14:6).

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Salvation through Relationship
Zur deutschen Originalversion: Erlösung durch Beziehung


Next devotion: Ja, wanneer Jesus weer kom

Previous devotion: Die Geloof is nie almal se ding nie


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration