Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Geloof is nie almal se ding nie

“Verder, broers, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle; en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die bose. En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel. Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!”

2 Thessalonicense 3:1-5
 

“Die geloof is nie die deel van almal nie.” Dit klink so vlak, so asof ek sê: “Swem is nie vir almal nie”, of “Dans is nie vir almal nie.” Eintlik is dit ook heeltemal normal, almal kan nie geinteresseerd wees in alles nie en niemand kan 'n spesialis in alles wees nie. Ons wêreld bestaan nou maar uit teenoorgesteldes: Voetbal of tennis, moderne kuns of Rembrandt, roker of nie-roker, musikaal of nie musikaal nie, vroeg opstaner of mòre-lummel, gelowig of ongelowig... Maar wag! Presies hier word dit kritis. Word ons hier nie verdagtig nie? Gelowig of ongelowig staan op dieselfde vlak as tee- en koffiedrinkers? Dit stem tog nie ooreen nie? Mens moet tog glo? - Ja, dit dink ek ook, maar baie mense dink nie so nie, en dan sê Paulus: “Geloof is nie die deel van almal nie.” Dit is eerder 'n toestands beskrywing as 'n oorsaak analise. Paulus het toe al, dit wat ons vandag duidelik voor oë het, agtergekom. Die geloof aan Jesus Christus is nie twisloos nie.

“Almal glo net nie”, kan man gelate sê en voortgaan met die daaglikse routine. Maar die apostel Paulus is nie tevrede met hierdie toestand nie. “Verder, broers, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle” skryf hy in vers een. Dit is die beroeping tot sendingwerk – en is dit nie so dat Duitsland intussen 'n sendingsland geword het nie? As dit so is, is dit dan nie ook 'n beroep aan ons om 'n Christelike voorbeeld vir ons medemens te wees nie? Toegegee, die geloof is nie almal se ding nie, maar alle mense is deur God geskape – ook al het sommiges dit dalk vergeet, onderdruk of ontken. Daar word hier beroep gedoen op ons, as Christene, om met geloof en vertroue in die liefde van God te reageer en ons medemense te wys, wie wonderlik en bevrydend dit kan wees om in God se liefde te wandel en 'n kind van God te wees. As ons Christene ons medemense tegemoetkom met 'n groeie voorbeeld, dan herken hulle miskien aan ons lewe dat die geloof miskien nie elke mens se ding is nie, maar elke man, elke vrou, en elke kind is God se ding. Dat God hierdie vertroue en hierdie geloof in ons harte plant, dit wens ek vir julle almal.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Faith is not every person's thing
Zur deutschen Originalversion: Der Glaube ist nicht jedermanns Ding


Next devotion: Verlossing deur Verhouding

Previous devotion: Veranderte Mense


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration