Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Ja, wanneer Jesus weer kom

“Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stem en taal en volk en nasie.”

Openbaring 5:9
 

Weereens is ons in die middel van die Adventstyd. Weereens probeer ons om onsself voor te berei op die aankoms van die Here. 2000 jaar gelede is die Here as klein Jesus-kind in 'n stal van Bethlehem gebore. En soos elke jaar tevore sal ons hierdie Kersfeestyd weer die bekende storie in die Lukas-Evangelie hoor, van Maria en Josef, die klein kind in die krip, van skaapwagters en die engele.

God het daardie tyd geskiedenis geskryf met die mensdom. Dit was die begin van 'n nuwe verbond tussen God en die mense, wat verseël is aan die kruis van Golgotha as Jesus se bloed vir ons sondes uitgestort is. “God word mens, vir die mense se ontwil” sing ons in 'n ou Kersfeeslied. Net omdat Hy aarde toe gekom het, kan ons gered word. 'n Ware rede om te vier.

Tog, gepaardgaande met hierdie eerste Advent, die menswording van God, maak ons, ons ook gereed vir die tweede Advent, die tyd, wanneer Jesus weer sal kom, wanneer die hemel en aarde nuut gemaak word en ons saam met Hom die aarde sal regeer.

Niemand weet die tyd of die uur nie, het Jesus self gesê, maar Hy het ook gesê dat ons, soos ons die weer deur die tekens in die hemel herken, kan ons ook die tyd herken wanneer Hy weer sal kom. En as ons, ons oë en ore oophou, sal ons sien dat ons al reeds lank in die endtyd leef en Jesus se wederkoms net 'n vraag van 'n baie kort tyd is.

Is jy daarvoor gereed? Is ons daarvoor gereed? Of lewe ons soos die dwase jongvroue wat geen olie in hulle lampe gehad het toe die Bruidegom gekom het nie?

Advent herinner ons altyd aan beides, God se menswording en die die wederkoms van Jesus waarop ons wag. Salig is hulle wat gereed is.

Ek wens julle nog 'n geseënde Adventstyd – maranatha – die Here kom binnekort.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Yes, when Jesus comes again
Zur deutschen Originalversion: Ja wenn der Herr einst wiederkommt


Next devotion: Op die straat van Hoop Deel 1

Previous devotion: Verlossing deur Verhouding


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration