Geloof is 'n vaste vertroue in dit wat ons hoop gee sonder enige twyfel aan dit wat ons nie met die blote oog kan sien nie.
- “Het jy God al ooit gesien?” Hierdie vraag word dikwels deur ongelowiges gestel wanneer jy oor jou geloof praat. Nee, ek het Hom nog nie gesien nie, ook nie vir Jesus nie, daarvoor het ek 2000 jaar te laat in die węreld in gekom.
Maar:
- Het jy al ooit die lug gesien? Nee, die lug kan mens nie sien nie, maar mens kan die wind voel wanneer hy waai en ook die uitwerking van 'n storm kan mens sien. Netso kan mens God voel wanneer mens Hom in jou lewe toelaat en ek sien ook dikwels Sy uitwerking in my lewe en in die węreld.
- Het jy die liefde al ooit gesien? Nee, liefde kan mens nie sien nie, maar mens kan dit in jou binneste voel wanneer iemand jou lief het. Hierdie gekribbel in jou maag, hierdie diep intimiteit met 'n geliefde lewensmaat. Ook God se liefde kan ek voel, as ek Hom in my toelaat, hierdie gekribbel as die Heilige Gees my vul.
- Het jy gedagtes al ooit gesien? Nee gedagtes kan mens nie sien nie, en tog kan mens hulle ervaar en deel. Ook God deel Homself met ons in Sy Woord, en praat ook met my in my drome.
So is daar baie dinge in hierdie węreld wat ons nie met die blote oog kan sien nie – maar God het ons ander sintuie gegee waarmee ons die węreld kan begryp. En met hierdie sintuie kan ons ook vir God ervaar, selfs as ons Hom nie kan sien nie.
Hy is presies netso werklik, soos die lug, die liefde en die gedagtes...
Ek wens jou 'n geseënde dag waarin jy jou sintuie ten volle kan benut.