Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Geloof en Wet

“En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.”

Galásiërs 3:11
 

Wie ken nie die Tien Gebooie nie? Die reëls wat God vir ons opgestel het, wat Hy aan Moses op die berg gegee het om Sy volk die weg te wys.

By die vraag, of hierdie wette ook vir ons Christene geld, verskil die Christelike gemeenskap meesal. Die een sê dat dit die basis van die Christelike lewe is en ons nie sonder die wet kan gaan nie, die ander een sê dat ons, volgens Paulus, van die wet vrygestel is en hierdie reëls nie meer van toepassing is op ons nie! Wie van die twee is nou reg?

Die antwoord is baie eenvoudig – altwee kante het op sy eie manier reg. As ons vandag se Bybelvers lees, vind ons dat ons nie deur die wet geregverdig kan word nie – dit hang nie af van die wet nie, maar daarvan dat geen mens dit kan regkry om die wet in sy geheel te vervul nie. Want as mens net een van die wette breek, is mens skuldig aan die hele wet. Dit is soos 'n ketting, wanneer mens deur net een skakel van die ketting sny, breek die ketting as 'n geheel.

Slegs deur die geloof aan die kruisiging en opstanding kan ons die genade verkry wat vir ons die saligheid verskaf. In hoofstuk 5 van die brief aan die Galasiërs skryf Paulus in vers 14: “Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Maar hierdie liefde kan ons nie uit onsself uit leef nie. Slegs wanneer ons die genade en liefde van God in ons voel, eers wanneer ons deur Jesus gered is, het ons die moontlikheid hierdie liefde ook self uit te leef. En wie geliefd is, sal ook hierdie liefde verder gee!

So is die hou van die wet nie die voorvereiste om gered te word nie, dit is die gevolg van die redding. Want wie nie lief kan hê nie, het hierdie liefde nie in hom nie....

Omdat ons geliefd is, kan ons ook ons naaste lief hê en goed doen teenoor hulle. Dit is die vryheid waarvan Paulus in hoofstuk 5:1 skryf: “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie!”

Ek wens julle hierdie vryheid om lief te hê – 'n geseënde dag

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Faith and Law
Zur deutschen Originalversion: Glaube und Gesetz


Next devotion: Het jy God al ooit gesien?

Previous devotion: Alleen is jy klein


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration