Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

God openbaar Homself in die Bybel

“Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE...”

Jeremiah 29:12-14a
 

Wie die Bybel net lees om 'n bevestiging te kry van sy eie wêreldse siening word waarskynlik nie kry wat hy verwag nie. As ons God werklik (uit die hart uit) soek – ook juis in die Bybel – sal ons Hom ook vind (Jeremia 29:13). Wie dit doen, moet ook begeer om die waarheid te vind, ook dan wanneer hy miskien nie daarvan hou nie of dit nie dadelik verstaan nie. Die Woord van God bestaan uit 66 individuele boeke, is gedurende 'n tydperk van 1600 jaar geskryf, en is gedurende hierdie tyd deur mindestens 40 verskillende skrywers geskryf. Die Bybel is geskryf deur “heilige mense van God, deur die Heilige Gees gedrywe” (2 Petrus 1:21). Is ons altyd bewus daarvan? Deur Bybel studie moet ons, ons sintuie verskerp (Hebreërs 5:14). Hoe meer ons dit beoefen, hoe helderder word ons geestelike blik van die waarheid van die Bybel. Die absolute hoëpunt van die hele Bybel, is twyfelloos dit wat ons in Galasiers 4:4-5 lees “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.” Die menswording van God is die sentrale tema van die Bybel, en per slot van rekening die grond beginsel en doel van ons geloof in die Evangelie, namens die vergifnis van sondes deur God se Seun Jesus Christus. Daar was geen mens soos Jesus wie se lewe eeue voor Sy geboorte bepaal was nie. Wie kan dieselfde sê? Dit was voorspel dat Hy in Bethlehem gebore sou word (Miga 5:1) en as die Lam van God geoffer sou word (Jesaja 53:7-9). Jesaja was woonagtig in die voormalige suidelike koninkryk van Juda 740-741 voor Christus. Dit is ook geskryf dat Jesus verraai en verkoop sou word vir 30 geldstukke (Sagaria 11:12-13). Die Ou Testament, wat ongeveer 450 jaar voor Christus geskryf is, bevat meer as 300 profesieë, oor die komende Messias, wat almal vervul is deur die lewe, dood en opstanding van Jesus.

Teenoor die Jode het Jesus Homself as volg geuiter: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.” (Johannes 5:39-40). Diegene wat die Skrifte lees sonder om die betekenis en die eenmaligheid van die Seun van God raak te sien, vang vis in troebel waters en dwaal rond in digte mis. So iemand soek waarhede wat miskien in hulle eie godsdienstige, morele en wetlike idologie pas, maar niks meer as dit nie. Diegene wat profesieë oor Jesus Christus ignoreer (soos die damalse Jode) kan nie in sy siel deur God beroer word nie. Sonder Jesus kan daar nie vrede in God wees nie (Johannes 16:33). Petrus skryf in sy brief: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie” (2 Petrus 1:19-20). Wie die waarheid soek kom nie by Jesus verby nie (Johannes 14:6). En wie die Bybel lees vir antwoorde op eksistensiële vrae oor sy lewe, sal nie teleurgesteld wees as Hy Jesus altyddeur in sy blik behou nie. Daarbenewens help ons Bybelse kennis met die onderskeiding van die geeste (1 Korinthiërs 12:10). Jesus is die Leidsman en Voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2) en die middelpunt van God se Woord. In Psalm 119:105 lees ons: “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.” Dit is van toepassing wanneer ons die Bybel met geloof in die hand neem. So het ons 'n aandeel aan die ewige waarheid.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: God reveals Himself in the Bible
Zur deutschen Originalversion: Gott offenbart sich in der Bibel


Next devotion: Verborgenheid van die Ongeregtigheid

Previous devotion: Die Tien Vergunnings


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration