Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Verborgenheid van die Ongeregtigheid

“En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun; en mense se harte beswyk van vrees en verwagtig van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”

Lukas 21:25-28
 

Diegene wat geen hoop het nie, en glo dat met die dood alles verby is, word sy hartseer nooit regtig kan oorwin of ignoreer nie (1 Thessalonicense 4:13-14). Die dood gee niemand vreugde nie! So 'n persoon spot en laster ook oor die hoop van Christene wat op die terugkeer van Jesus wag (Psalm 35:16). Die Bybel laat ons nie in die duister daaroor dat daar vir elkeen lewe na die dood is nie. Die basis en bewys daarvoor is die opstanding van Jesus Christus uit die dood uit. Daarom kom die Seun van God ook weer terug, sodat Sy ewige Heerskapy opgerig word. In Romeine 14:9 lees ons: “Want hiervoor het Christus ook gestesrwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.” Dit is ons hoop en vreugde, dat ons verlossing sigbaar sal verskyn in die Persoon van die verheerliking van die Seun van God in groot krag en heerlikheid. Sonder hierdie konkrete hoop, wat eers deur die opstanding van Jesus moontlik gemaak is, sou ons nie Christene wees nie. Volgens die Bybel sou ons “die ellendigste van alle mense” wees (1 Korinthiërs 15:19). Dan sou ons 'n leë geloof gehad het wat om onsself wentel en nêrens eindig nie – soortgelyk aan Buddhismus. Sonder die geloof aan die opstanding en wederkoms van Jesus (wat saam hoort) sou ons geloof 'n sprokie, 'n groot dwaasheid en sinlose self-aanbidding wees. Die koms van Jesus is eng verbonde met die gebeure en aktuele daaglikse gebeurtenisse in Israel en veral in die heilige stad Jerusalem. Hierdie stad word “vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming” (Sagaría 12:2). Met betrekking tot hierdie uitstaande gebeurtenis van die werderkoms, het die apostel Paulus ons ook op 'n besondere kragtige manier ingelig en gewaarsku. Ons moet deur bepaalde nuusberigte in hierdie verband nie verskrik, onseker of verlei word nie. Hetsy, deur woorde van sogenaamde profesieë, tekens en wonders, of deur 'n brief of wat ookal – selfs in ons eie sirkels.

Daar sal inligting (kenwoord: media tyd) aan ons verskaf word, wat die koms van Jesus as tema het, of selfs berigte dat dit alreeds in vervullig gekom het! Maar ons moet weet dat voor die tweede koms van Jesus eers “die seun van die verderf” en saam met hom “die afval” sal kom. Ons sal hoor van aardbewings op verkillende plekke, en hongersnode en pessiektes en daar sal verskriklike dinge en groot tekens in die hemel kom (Lukas 21:11). Die teenstander staan en val met die “verborgenheid van die ongeregtigheid” en moet eers geopenbaar word en sal dan tot niet gemaak word (2 Thessalonicense 2:1-7). Tot dit gebeur sal Jesus se tweede koms nie gebeur nie. Christene wag so te sê op die Antichris, want met sy koms en aanspraak om self God te wees, word die einde ingewy. Vrae oor waar die bose vandaan kom, kan ons nie beantwoord nie – dit is 'n donker geheim. Maar ons sal dit ervaar. In elk geval en per slot van sake is die vergewing van sondes die belangrikste. En dit is net God se innige, ewige genade wat ons red van die bose. Aan die einde verskyn ons HEER en Verlosser op die toneel, en Hy sal die bose met die asem van Sy mond verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet maak (2 Thessalonicense 2:8). Jesus kom die tweede maal nie in die geheim nie, maar sigbaar vir almal in die wolke (Openbaring 1:7) soos weerlig (Lukas 17:24) van die hemel na onder. Die spotters en twyfelaars sal Jesus verwerp, diskwalifiseer, as histories te lig beoordeel, as verspotheid beklemtoon – en die Christene op dieselfde manier sien en beoordeel – dit moet ons besef. Maar die oorwinning is ons sin – deur die opgestane Verlosser en die ewige en verheerlike Hemelse Vader. God sal ons gelowiges huis toe neem (Openbaring 22:7: “Kyk, Ek kom gou”) en dan word ons vreugde en dankbaarheid geen ende hê nie – Halleluja!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The mystery of iniquity
Zur deutschen Originalversion: Geheimnis der Bosheit


Next devotion: Toe hulle God se Seun doodgemaak het, skryf God 'n nuwe Testament

Previous devotion: God openbaar Homself in die Bybel


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration