Vind ons nie dat ons, na 'n bepaalde ouderdom, die gevoel het dat die dae, weke, maande en jare net eenvoudig verby vlieg nie? Voor mens weet het die dinge wat mens eers skaars gepla het, 'n intellektuele invloed op mens se tyd en gedagtes: siektes, pensioen kwessies, dokters, afskeid neem van ouers, toekomsvrae, mobiliteit, ens. Daarbenewens merk mens dat 'n middagslapie jou liggaamlik baie goed doen. En dit, alhoewel mens nog nie eers 50 jaar oud is nie! Dit is banaal, maar tog die waarheid: Die lewe eindig en ons word ouer! En inderdaad is dit soos die Psalmis sê: “moeite en verdriet...gou gaan dit verby”. Dit is ook 'n voordeel dat mens, wanneer mens ouer word, dinge in 'n ander lig sien – so te sê meer nugter. Mens leer jouself beter ken. En mens is nie altyd bly oor wat jy sien nie. Wat het jy nie alles voorheen as “kosbaar” beskou, net om daarna uit te vind dat dit eintlik vervelig en stompsinnig was nie? Waar het jy altyd weer dieselfde foute begaan? As Christen is jy geen filantroop nie en wil ook nie een wees nie. Maar dit is geoorloof om jou lewe in jou jeug te geniet. Prediker 11:9 sê: “Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart in die aanskouding van jou oë, maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.” Dit sê aan die een kant, dat mens vry is om na te streef wat jy wil, maar aan die ander kant moet mens dit verstandig en met verantwoordelikheid voor God, wat alles sien, doen. Dit sou beslis van voordeel gewees het, as mens in jou jeug in hierdie opsig meer wysheid en voorvisier besit het.
Soms is dit ook so, dat mens daarby leer en beter weet, hoe die dinge van die lewe funktioneer en hoe nie. Maar nie outomaties nie en ook nie altyd nie. Daar is minstens soveel dwase as wyse jong en oud mense, maar met lewenservaring moet mens ook volwasse word – veral in die geestelike bereik. Die Gees is die lewe. Ons is, jonk of oud, nog altyd afhanklik van die goedheid, die lankmoedigheid en die genade van God, omdat ons, alhoewel ons begenadig is, nog steeds sondaars is. En heelwat gelowiges ervaar, soos hulle ouer word, dat hulle baie minder van hulle self dink as toe hulle jonk was. Ons merk dat ons die verlossing en genade van God, soos ons ouer word, bitter nodig het. Dit word vir ons baie duidelik dat die ewigheid in die hemel, wat God se geskenk aan ons is, iets geweldig waardevol en genadig is, wat ons glad nie verdien het nie. Paulus maak hierdie punt baie duidelik in Romeine 6:23: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” Hierdie lewe wat voor ons lê, vlieg nie weg nie – dit is verewig, blywend en tydloos. Ons moet ons tydelike lewe vanuit die ewigheid beskou en erken dat ons uit God gebore is en dat die Koninkryk van God nog altyd in ons harte was. God het ons al die jare begelei en is nie kwaad vir ons nie. Die HERE het dit nog altyd goed met ons bedoel (Romeine 8:28). En, in die nie te verre toekoms nie, sal ons van geloof na sien beweeg en geen vrae meer hê nie. Hallelujah!