Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die God van alle vertroosting

“Dit is my troos in my ellende, dat U belofte my lewend maak.”

Psalm 119:50
 

Daar kan baie redes wees waarom dit nie goed gaan met ons nie. Soms verstaan ons self nie waarom dit so met ons en ander mense (Christene) is nie! Daar is beslis nie iets soos denkbeeldige lyding nie – selfs al was dit so, dan ly iemand nogtans in sy verbeelding. Die lyding van Christus is gewis nie verbeelding nie, ook dan as ons nie altyd verstaan wat konkreet daarmee bedoel is nie. Die leiding van Christus staan teenoor al die wêreldse teenstrydigheid met betrekking tot die waarheid van die Evangelie, en die mense wat daarvoor is. Die wêreld, die vlees, die leuen, die vyand, die teenstander, die ongegronde haat, vrees en geloof sonder sien is alles vir ons somtyds laste wat ons teëkom. Ons word ryklik aangemoedig om hierdie soort lyding te verwelkom (1. Korinthiërs 1:5). Maar ons bekom net so ryklik troos deur ons Here en Verlosser Jesus Christus. Lyding en troos is net so alledaags vir die volgelinge van Christus as wat ons daaglikse brood is. Die lig skyn in die duisternis en die troos is effektief in ellende! Om andere Christene aan te moedig in hulle leiding moet ons weet waarvan ons praat (1. Korinthiërs 1:4). Partykeer maak ons ander seer of irriteer hulle wanneer ons reageer met nuttelose slagspreuke en etikette van besorgdheid wat nie by hulle situasie pas nie. Wanneer ons self gely het of ly, kan ons werklike raad, hulp en troos gee wat ander wat ly opbou. Klink dit bekend? Selfs Jesus Christus is nie vrygespreek van hierdie ervaring nie, maar het dit gesoek, alhoewel Hy die Seun van God was en is. Ons kan daaraan herken dat God Sy skepping nie in 'n negatiewe sin “van bo” wil begelei, verstaan en liefhê nie. God het in Jesus Christus na ons toe gekom. Nie in die teorie of met Sy vinger op 'n kaart nie, maar tasbaar en direk, dat ons Hom kon ervaar en aanneem – soos die Evangelie!

Die prinsiep (riglyn, maxim) van die liefde, naasteliefde, genade, meegevoel en die krag van die hemelse troos moes duidelik word – en dit het! Net dit wat mens het en is, kan mens geloofwaardig verder gee. Jesus is die Seun van die lewendige, almagtige God. HY het vir ons die vergewing van sondes in die Evangelie van Sy Naam gegee (Johannes 2:16). Hierdie feit moet en kan en sal dat ons elke lyding en elke ellende in 'n ander lig sien. Om die kennis in die Evangelie te verdiep (in die genade in te dompel), om God se weg met die mense beter te verstaan (ook die lyding) en om in die innerlike mens te groei, benodig ons God se Woord. Ons kan nie die ellende in die wêreld en in ons lewens weg diskuteer nie. Mens kan dit ook nie “weg bid” of so maak asof dit nie eksisteer nie. Maar die troos van God is netso 'n realiteit. Koning Dawid het dit ook geweet en troos gevind in sy ellende – wat vind jy? Dit is belangriker as ooit tevore dat die (gelowige) mens nie net van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat uit God se mond kom (Matthéüs 4:4). Sonder kennis en onderrig, leer en Bybelse begrip, verstaan ons ook nie ons lyding nie en weet ons nie hoe om dit te hanteer nie. Paulus het aan die gemeente in Korinte geskryf: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” (2 Korinthiërs 3-4).

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The God of all comfort
Zur deutschen Originalversion: Der Gott allen Trostes


Next devotion: Tyd vlieg verby

Previous devotion: Bybel of geen Bybel nie – is dit nog 'n vraag?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration