Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Geloof en Genesing

Jesaja 53:5 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Jesaja 53:5
 

Sommige Christene sê dat alle siektes van die duiwel af kom. Hulle kom dan tot die gevolgtrekking omdat Jesus ons siektes deur Sy wonde aan die kruis gedra het (Matthéüs 8:17) en teen die duiwel die oorwinning behaal het, is dit logies vir elkeen wat werklik daaraan glo dat hulle dan ook geen siektes of liggaamlike lyding sal hê nie. Of ons gesond word of nie hang dan in prinsiep van ons geloof af. Is dit waar? 'n Siekte kan ook as gevolg van sonde wees (1. Korinthiërs 11:28-32) of om ons iets te leer (Jakobus 5:14-16) of eenvoudig as gevolg van ouer word en die liggaamlike siektes wat daarmee gepaardgaan. Dit is werklik erg watter sielkundige skade mens by opregte Christene kan aanrig, met so 'n verkeerde verklaring en verkeerde lering. Alhoewel dit waar is dat baie wonderwerke (genesing) misluk as man geen geloof daarin het nie (Matthéüs 13:58) het Jesus eerstens ook onafhanklik van baie of min geloof genees, en tweedens het Jesus ook genees sodat die profetiese tekste deur Hom vervul sou word (Jesaja 53:4). Die mense moes Hom as die Messias erken. Dat ons “deur Sy wonde genees is” (1 Petrus 2:24) is nie natuurlike nie maar geestelike insig, net soos om deel te neem aan die nagmaal ook nie werklik “vlees en bloed” is wat ons tot ons neem nie, maar die sigbare belyding, deur geestelike geloof, van die dood en opstanding van Jesus (Lukas 22:19-10). God kan 'n siek Christen beslis gesondheid skenk en ook sy lewe verleng, as hy daarom vra. Dit het ek al beleef. 'n Diepgelowige man wat aan kanker gely het, het God gevra om hom 'n bietjie langer te laat lewe, sodat hy tyd met sy kleinkinders kon verbring. God het hom gehoor en bevry van sy kanker. 'n Paar jaar later het hy dan skielik by die kerk in die biduur inmekaar gesink en gesterf. Met God is alles moontlik maar ons het geen reg daarop om altyd vrygestel te word van liggaamlike siektes asook die liggaamlike dood nie (gebaseer om Romeine 6:23 die loon van die sonde). Ons moet daardeur gaan – maar met hoop en vertroue.

Vir Christene is ons sonde vergewe, maar ons moet nogtans die gevolge dra omdat ons uit vlees en bloed is. So is dit ook vir ons bestem om te sterwe (Hebreërs 9:27). As ons dan 'n blywende siekte as 'n tekort aan geloof verklaar en vir ander so sê, is dit nie net onbybels nie maar ook arrogant in die hoogste graad, sowel as liefdeloos en onmenslik. Jesus is beslis die redder vir die hele (gelowige) mens (vir ons sieleheil, geestelik en liggaamlik), maar wat dit werklik en as geheel beteken sal ons eers in die hemel ervaar. Vir ons liggaamlike hernuwing wag ons nog. Daar is op die aarde geen Christene wat nie een of ander tyd siek was of word nie. Jesus het hoofsaaklik na ons toe gekom om te soek en te vind wat verlore was ( Matthéüs 18:11). HY het gekom om ons van sonde te bevry. Alhoewel Jesus ook vir ons liggame gesterf het, word ons nogtans siek, het nogsteeds 'n sondige natuur en sal waarskynlik een of ander tyd liggaamlik sterf (tensy die wegraping voor dit plaasvind). Selfs die mense wat Jesus in Sy tyd genees het, het ook een of ander tyd gesterf – insluitend Lazarus, vir wie Jesus uit die dood uit opgewek het – het dan twee keer gesterwe (Johannes 11:43-44). Die beste voorbeeld dat mens jou lyding nie net eenvoudig kan wegbid en wegglo nie is die Seun van God, wat volkome God en mens was, en tog gevrees het. Hy was in alles net so uitgedaag en versoek soos ons – maar sonder sonde (Hebreërs 4:15). Jesus, ten spyte van al Sy lyding, was net besorg daaroor om die wil van sy Vader te doen. In Markus 14:36 bid Jesus: “Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.” Wanneer ons, ons na God se wil, in geloof, buig, ons lewe aanvaar soos dit is, kry ons innerlike krag om ons voorgeskrewe pad te loop. Dan groei ons ook in die genade en word geestelik versterk. Hierdie hoop (dat God ons sal dra) en dat Sy krag volbring word in swakheid (2 Korinthiërs 12:9) laat ons nie beskaamd daar staan nie maak nie saak wat nog gebeur nie (Romeine 5:5).

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Faith and Healing
Zur deutschen Originalversion: Glaube und Gesundheit


Next devotion: Nou is die tyd, nou is die uur

Previous devotion: Tyd vlieg verby


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration