Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Bybel of geen Bybel nie – is dit nog 'n vraag?

“Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n goot aantal, vroue en manne.”

Handelinge 17:10-12
 

As jy rondkyk, merk jy: Christene gaan onderskeidelik met die Bybel om! Vir party is dit eenvoudig 'n nuttige boek. Ander noem dit eerbiedig: “Die Woord van God”, die hoogste gids vir elke lewenstyl. Nog ander sê weer, mens moet nie die Bybel nie, maar eerder die Heilige Gees volg; die Bybel stam tog vanuit 'n ander tyd en kultuur. Maak dit 'n verskil hoe ek oor die Bybel dink? Dit maak 'n groot verskil – jou ewige heil hang daarvan af! Oeps, daar hoor ek alreeds 'n beswaring: “In die Bybel staan dit “as jy met jou mond die HERE Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word” (Romeine 10:9). En verder: “Van Bybel lees om gered te word staan daar niks nie! My geloof red my, nie my gedrag of my mening van die Bybel nie!” Ek stem saam. Maar aan watter Jesus glo jy dan, as dit nie die Een is waarvan die Bybel berig nie (en wel in die Nuwe en Ou Testament)? Waarvandaan kom dan jou geloof dat Jesus uit die dood uit opgewek is? Jy was tog nie daarby nie!? Waarvandaan weet jy, dat die Romeine die graf bewaak het, en Maria nogtans na drie dae 'n leë graf gevind het – en dan die lewendige HERE Jesus tref en na haar die dissipels en nog 'n verdere 500? Die Bybel is die fondament van jou geloof: Dit berig nie net uiters akkuraat en betroubaar nie, maar verduidelik ook die gebeurtenisse: Dit begin by: “Waar kom mense vandaan?, oor: “Waarom is die wêreld (en my eie hart) so boos?”, tot by: “Hoe het God die skuld probleem opgelos?” En wat is met jou belydenis: “Jesus is HEER”? Jy sien dit tog self nie soos net 'n Harry-Potter-slagspreuk wat jou deur tower in die Hemelryk invoer nie! Word dit nie skynheilig as jou lewe nie in lyn is met die HERE se reëls nie? God het veral vir hierdie rede die Woord deur die Heilige Gees laat skryf sodat ons sekerheid sal hê van die Here se wil (2. Timótheüs 3:16-17). Die bogenoemde argument is daarom nie teen nie, maar juis vir die noodsaaklikheid om die Bybel goed te ken en waar te neem. Net daardeur het ons 'n sekere inligtingsbron oor hoe om te leef. In 2. Timótheüs 3:17 staan: “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Bible or not the Bible – is that even a question?
Zur deutschen Originalversion: Bibel oder nicht Bibel – ist das noch ’ne Frage?


Next devotion: Die God van alle vertroosting

Previous devotion: Tyd en Ewigheid


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration