Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Tyd en Ewigheid

“Toe spreek Petrus en sê vir Jesus: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moes een en vir Elía een.”

Markus 9:5
 

Een wonderlike uur gaan verby asof dit net 'n paar minute was – en 'n paar vreeslike minute voel soos 'n uur.

Alhoewel ons tyd altyd eweredig verby gaan, voel dit altyd so asof dit direk verband hou met dit wat ons op die tydstip ondervind. Soms wens ons dat die tyd vinniger kan verby gaan, en op ander tye wens ons dat ons die oomblik vir ewig kan vashou.

Presies net so het Petrus gevoel toe hulle op die berg van Verheerliking met Jesus was en Moses en Elìa verskyn het. “Laat ons drie hutte bou” wat sy voorstel om die twee daar te hou. Mens ervaar nie elke dag so iets nie, daarom sou dit lekker gewees het as hulle tot die volgende dag kon bly.

Maar wat Petrus en die ander ervaar het, was 'n voorskou van die Koninkryk van God, wat eendag sal kom. Vandag ervaar ons van tyd tot tyd so 'n uitkyk oor hoe dit eendag gaan wees. Maar vandag is dit net kort oomblikkies, soos lig blitse in ons lewens om vir ons te wys wat ons in die toekoms kan verwag. Soos 'n blits, helderer as wat ons nog ooit gesien het, maar in die volgende oomblik is dit weer weg. Ons kan dit nie vashou nie.

Ook Moses en Elìa verdwyn weer, asof hulle nooit daar was nie en Petrus merk hoe sinneloos sy wens was om die oomblik vas te hou. Eers wanneer Jesus weer aarde toe kom en ons saam met hom weggeruk word, word die blits lig die Lig van ons ewige lewe.

Wanneer ons in die hemelse Ryk is, sal hierdie ervaringe nooit weer verby gaan nie. Hulle is daar en bly vir ewig en ewig daar.

Tog presies soos die ewige Lig vir ons sal skyn, sal die wat Jesus nie aangeneem het nie in ewige duisternis woon.

So moet ons gereed wees, want as die Lig eers begin skyn, is die tyd van beslissing verby, dan is die besluit geneem of ons die tyd saam met Jesus, Moses en Elìa sal verbring of verewig verlore sal wees.

Waar sal jou hut staan as dit tyd is?

Ek wens jou 'n geseënde dag toe.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Time and Eternity
Zur deutschen Originalversion: Zeit und Ewigkeit


Next devotion: Bybel of geen Bybel nie – is dit nog 'n vraag?

Previous devotion: My Ryk is nie van hierdie wêreld nie


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration