Ons kan ons nie voorstel wat Christus hier deurgemaak het nie. Ons is dikwels baie oppervlakkige mense wat nie dit wat reg voor ons oë is kan sien nie. By ons mense is dit ongelukkig so. Christus, die Lam van God, die gesalfde Messias is deur God verlaat. Het Hy nie rede gehad om hieroor te kla nie? Het Hy nie die reg gehad om geregtigheid te eis nie? Is Hy nie ongeregtig veroordeel, geslaan, gemartel, verag en gekruisig nie? Is dit wat smart veroorsaak in ons lewe, 'n straf? Kan dit wees? In Jesaja lees ons wat regtig met ons Here Jesus Christus gebeur het (Jesaja 53:7-12). Is dit nie duidelik dat ons nooit deur God verlaat is nie? Is dit nie duidelik dat Hy in ons plek deur God verlaat is nie? In vers 5 (Jesaja 53:5) word dit duidelik uitgedruk: die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom! Hier is die bewys! Hy is verlaat! Hy is gestraf! Hy is mishandel, bespoeg, geskop en ten einde deur God verstoot en verlaat om ons van hierdie noodlot te bewaar! Daarmee het Hy ons bewaar teen dit wat ons verdien het en ons sekere dood sou veroorsaak...! Voel ons in ons alledaagse lewe presies net so geskop, verlaat, verstoot, bestraf, verraai, bespot, bespoeg en teneurgedruk? Waarlik, dit gebeur somtyds so, maar alles wat ons tref is nie in die vorm van 'n straf nie, maar eerder die teer, liefdevolle onderrig van God. Weet ons, dat ongegag wat gebeur, ons aan die einde sal triomfeer, omdat Hy alles wat nodig is vir ons gedoen het?
Of is dit alles net vrome, mooi-klinkende woorde in my ore? Nee, die swaar van die lewe word nie hiermee weggevee of ontken nie, inteendeel hiermee sal ek deurentyd bewus wees op welke basis dit alles plaasgevind het. Dit is dieselfde Here wat ons deur proewe en versoekings laat gaan, maar Hy beeindig hierdie proeftye ook sodat ons in staat is om dit te bowe te kom (1 Korinthiërs 10:13). Hy het die vuurstorm van straf vir ons gedra en het dit daardeur vir ewig van ons af weggehou. Die vyand kan dus niks aan ons doen nie. Alles word deur die Here beheer en gekontroleer. Alles het 'n baie spesifieke, regte doel en niks is toevallig, onwillekeurig, sinloos of wanhopig nie. Vir sommige lyk dit miskien toevallig, maar dit is nie. Vir party lyk dit onwillekeurig, maar dit is nie. Dit is wat in Romeine 8:28-32 staan: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvorming te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” God het dit so bepaal. Amen.