Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

My Ryk is nie van hierdie wêreld nie

“Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.”

Lukas 20:25
 

Veral in die afgelope tyd kom die vraag altyd weer op van hoe die Kerk teenoor die Staat moet staan en omgekeerd. Onlangs nog sê die Duitse Minister van Binnelandse Sake dat die Kerk hulle daarvan moet weerhou om spesifieke raadslae aan die politiek te gee.

Tot watter mate durf ons as Christene in die politiek saamwerk en tot watter mate laat ons, ons deur die politiek beinvloed? In die afgelope tyd is die politiek baie beinvloed deur die die algemene hoofstroom. En dit duur nie lank nie, dan sluit die kerklike gemeenskap hom daarby aan. 'n Tyd lank reeds is die aktuele tema homoseksualiteit. In die Derde Ryk was dit verban en tot die doodstraf veroordeel. In die begin jare van die Federale Republiek was die straf daarvoor gevangenis en tronkstraf. Later is dit toegelaat en nou mag hulle selfs trou.

In party Kerke gaan dit parallel dieselfde. Al staan dit in die Ou Testament dat dit 'n gruwel is vir die Here as 'n man by 'n man lê, wyk sommige gemeentes hiervan af deur te sê dat mens die Bybel uit vandag se perspektief moet sien. So word hierdie stelling baie keer eenvoudig uitgewis en instede van om te sê dat homoseksualiteit 'n sonde voor die Here is, seën mense selfs in sommige gevalle die pare.

Christene wat 'n stelling daarteen neem, word ultra konserwatief en agteruit genoem. In sommige lande is dit nou selfs strafbaar om iets teen homoseksualiteit te sê. Die Staat, wat geen inmenging deur Christene duld nie, meng hulself na willekeur in die kerklike boodskap in.

“Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom” is vir ons die enigste praktiese weg. Selfs as ons hier as die enigste navolger van die voormalige Christelike Weste is, moet ons strewe tot 'n skeiding tussen die Kerk en die Staat.

Satan is nou maar eenmaal die heerser van hierdie wêreld – en ons sal hom nie met ons geloof bekeer nie. Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. As die staat van God afwyk, moet ons afwyk van ons geloof in die staat. Selfs al lewe ons onder die staat en moet gehoorsaam wees aan die wette van die staat, behou ons ons geloof waaroor die staat geen invloed het nie.

Ons moet vir ons regering bid, nie dat dit goed gaan met hulle in hulle goddeloosheid nie, maar dat hulle besin en ons Christelike beginsels volg en daarvolgens politiek maak.

Maar God se Koninkryk en Satan se Koningkryk kan nie in hierdie tyd saam smelt nie. Ons tyd sal nog eendag kom, wanneer nie Satan nie, maar ons oor die aarde sal heers.

So bid ons tot die Here: Laat U wil geskied!

Ek wens julle nog 'n geseënde dag toe.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: My Kingdom is not of this world
Zur deutschen Originalversion: Mein Reich ist nicht von dieser Welt


Next devotion: Tyd en Ewigheid

Previous devotion: Wie was deur God verlaat....?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration