Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Onvolwassenheid en Gehoorsaamheid

“In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit U welbehae.”

Matthéüs 11:25-26
 

Die vergewing van sonde is geen proses nie, die kennis van God is nie volbring deur jou eie denke of filosofie nie. Geestelikheid kan nie geleer word nie. Jy moet jou indompel in die waarheid van God, anders word dit tot ergenis en sal jy jouself net daarmee kwel. Wie wedergebore is, weet dit alles of gee ten minste dadelik toe, omdat hy vermoed hoe hy moet optree. God gee die wil en die welbehae (Filippense 2:13). Ons geestelike eenheid met God is of is nie Sy werk nie! Ons samewerking in die geloof kan nie op gelyke voet geskied nie. Ons lewe in die vlees, ons bestaan op die aarde in 'n drie-dimensionele wêreld - God nie. Daarom sien ons die lig nie deur na te dink nie maar slegs deur gehoorsaamheid in geloof – dit is die sleutel van kennis! Wie 'n opoffering van tyd, moeite, houding en krag aan God bring, maar steeds ongehoorsaam bly, sal in die dokter bly en skyn gevegte voer. Gehoorsaamheid is beter as opoffering (1 Samuel 15:22). Ons doen nie vir God 'n guns as ons na eie goeddunke handel nie (miskien ook met die beste bedoeling) en dinge doen, wat die Here nie geeis of gevra het nie. Dit het veral betrekking op een of ander opoffering waarvoor ons iets terug verlang – Sleutelwoord: Gebedverhoring! Ek kan God nie onder druk plaas deur dat ek iets goed doen of baie bid of vas om my eie wil deur te sit nie. As ons eenvoudig gehoorsaam is kry ons altyd op die regte tyd dit wat ons nodig het of begeer (Matthéüs 21:22). In die geestelike lewe kan mens nie net eenvoudig iets “uitvind” en jou geestelike vermoë deur allerhande tegnieke, toertjies, verhoudings ens. vergroot nie – dit moet altyd deur God geopenbaar en gewys word. Sekerlik nie sonder om te vra en te soek nie. Ook deur jou eie mislukkings kan mens baie leer – byvoorbeeld om weer op te staan en God se barmhartigheid te ervaar. Gehoorsaamheid is belangrik – mens kan en moet daardeur leer (Hebreërs 5:8). Ideal is as ons self insien dat dit die beste vir ons is. God weet dit (Romeine 8:28) maar dit nut ons niks as ons dit nie ook verstaan en wil aanvaar nie.

Vertroue terwyl ons niks bemoedigend waarneem nie, is baie meer waardevol as voorbedagte optimismus of 'n strooihalm prinsiep. God kan altyd alles beweeg en verander – na Sy wil en in Sy tyd. Selfs Jesus het Homself aan God se wil onderwerp en het deur Sy lyding gehoorsaamheid geleer (Hebreërs 5:8). As ons deur hierdie gehoorsaamheid geseënd voel, kom daar lig in ons daaglikse lewe, in ons gees, ons lewens en ons geloof. Die hemel staan wyd oop vir ons wanneer ons, in plaas van alle ander dinge, die Koninkryk van God soek (Matthéüs 6:33) – dit doen ons dan wanneer ons gehoorsaam teenoor God is en Hom vertrou. Om meer spesifiek te wees, moet ons die Evangelie gehoorsaam (Romeine 10:16). So, weet wat genade is en verstaan dat Jesus se gehoorsaamheid my redding behels (Fillipense 2:8). Ons moet gehoorsaam in die bewys van liefde wees (2 Korinthiërs 2:8-9), nie ingee aan ons begeertes nie en aanhou hoop op die genade (1Petrus 3:13-15). Ons moet gehoorsaam wees en getuie gee van die hoop wat in ons is, bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van ons rekenskap eis omtrent die hoop wat in ons is (1 Petrus 3:15). Dit geld ook vir regulasies in die vergaderings en godsdienste (1 Timótheüs 2:1-15) en die oefening van godsaligheid (1 Timótheüs 4:7). Ons moet ons take regverdig en opreg verrig en onheilige, onsinnige praatjies vermy (2 Timótheüs 2:15-16) asook beslis nog ander dinge wat ons in die Bybel lees. Maar dit alles moet nie vir ons 'n las wees nie, maar 'n waardevolle nastrewende, daaglikse roetine – ook dan as ons foute begaan. Dit is liefdevolle raadslae van ons hemelse Vader, wat ook weet, dat ons, ons eie ervarings moet maak – om te leer. Ons lewe nie meer onder die wet nie. Paulus het soos volg aan die gemeente in Rome geskryf: “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul” (Romeine 13:8)

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Immaturity and Obedience
Zur deutschen Originalversion: Unmündigkeit und Gehorsam


Next devotion: Wie was deur God verlaat....?

Previous devotion: Hoekom moes God Jesus word?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration