Ek het aan 'n vriend vertel dat ek nog 'n boodskap wou skryf. “Ek het nog 'n idee vir 'n tema” sê ek, “maar ek net nie meer onthou wat dit was nie, my brein is soos switserse kaas...”
Op die een of ander manier het ons almal hierdie gate in ons brein. Ons gedagtes maak nie altyd soos ons wil nie. Hoe dikwels vergeet ons iets, soos byvoorbeeld om God vir iets moois te bedank of iets moois vir 'n medemens te sê? As ons saans tot rus kom, hoe dikwels onthou ons dan iets wat ons die dag verpas of vergeet het?
Partymal is dit klein en partymal groot gate in ons geheue, partymal kan ons dit nog nahaal, maar partymal is dit te laat. Baie dinge wat ons nie doen nie, kan ons nie meer nahaal nie. En ook as ons daaroor spyt het, gebeur dit tog altyd weer.
Maar gelukkig is daar nie net gate in ons brein nie – daar is ook gate in die deurboorde hande en voete van ons Heer. Deur Sy lyding, sterfte en opstanding het Hy ons gate op Homself geneem. Al ons foute en versuimings kan ons op Hom aflaai, Hy het hulle alreeds vir ons op die kruis van Golgota gedra, Hy het hulle in die diepste meer versink en is vir ons opgestaan, sodat ons ook, as ons die las afgegee het, weer kan opstaan.
Die kruis bedek al die gate en grafte in ons lewens. Deur Hom kan ons weer opstaan en in die teenwoordigheid van ons Vader tree. Hy hou ons en dra ons, sodat ons nie weer en weer in ons eie gate val nie.
Voor watter gat staan jy op die oomblik? Gaan na die kruis en lewe!
Ek wens julle nog 'n geseënde dag.