Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Hoekom moes God Jesus word?

“Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.”

Johannes 1:29-34
 

Ons kan nie gered word sonder geloof aan die Lam van God nie. Dit is die Bybelse getuienis. Die sentrum van die redding is Jesus Christus! Daar is gelowiges wat nie glo dat dit so is nie en sê dat Jesus slegs 'n geskape wese is (Johovah Getuies) of slegs 'n profeet (Islam) of 'n godsdienstige fanatikus wat deur sy aanhangers verafgod is. As mens die Bybel lees en verstaan, sal mens nooit op hierdie idee dat Jesus Christus slegs 'n geskape wese of een of ander bedrieër is, kan kom nie – dit is heeltemal foutief en histories onmoontlik as mens die samehang verstaan en die Bybel ernstig neem. Wie die Seun nie eer soos die Vader nie, eer nie die Seun of die Vader nie (Johannes 5:23). Sonder Jesus geen God en omgekeer! Die lewe self behoor aleenlik aan God – Johannes 1:1-4 “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was aan die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.” As Jesus nie God was nie, kon die lewe in sigself, nie in God se Seun wees nie, maar hoogstens oorgedra deur God, soos by 'n geskape wese soos 'n engel, 'n mens of 'n dier. Maar presies die teenoorgestelde sien ons in Johannes 5:26 “Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.” Presies om hierdie rede is Jesus ook in Sy tyd deur die Jode gekritiseerd en uiteindelik ook veroordeel, omdat Hy Homself tot God gemaak het – nie minder nie (Johannes 5:18). In Johannes 1:11-14 lees ons dit duidelik “Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.” Ook as mens dit as mens nie heeltemal kan begryp nie, word dit duidelik dat God Homself met Homself versoen het. En dit is van waarde dat mens nie 'n nuwe mens word opgrond van sy menslike wil nie, maar deur die wedergeboorte van Bo.

Dit lees ons in 2 Korinthiërs 5:17-19 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het. Naamlik dat god in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.” Dit was God se wil en Sy doel. En toe Jesus aan die kruis sê, dat dit volbring is (Johannes 19:30), het die mees onvoorstelbare en wonderlikste gebeurtenis van alle tyd waar geword. 'n Vyand van hierdie waarheid is byvoorbeeld iemand wat deur die gees van die antichris ontken dat Jesus in die vlees gekom het of dit nie bely nie (1 Johannes 4:2-3). Naamlik sê dat God nie werklik vlees geword het nie en min of meer net 'n uitvinding van God is – God Homself nie daadwerklik met Jesus verenig nie. Glo dit nie – God het 'n lewendige, liggaamlike Mens geword – Kolossense 2:9-10 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag” Wie is ons, wat vir God wil voorskryf, wie Hy moet wees en wie nie? Die Bybel is God se Woord, maar wie nie hier, deur die Heilige Gees tot die begryp kom nie, word maksimaal as 'n oortreder met 'n godsdienste mening, waarvoor hy intellektuel en teologies eienaarskap eis en probeer om te verdedig. Maar dit wat reg is sien ons in 2 Korinthiërs 3:5-6 “Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.” Teologie kan soos 'n klip in jou maag lê, maar die Heilige Gees maak selfs klippe lewendig, as Hy wil (Matthéüs 3:9). Waarom moes God, Jesus wees? Omdat dit die Gees van God (en die Woord) openbaar en omdat God dit so wou hê. God is die Alpha en die Omega en HY was dood en het weer lewindig geword – wie anders as Jesus Christus (die Lam van God) kan hiermee bedoel word (Openbaring 1:14-18)? Amen – dit beteken letterlik: So is dit!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Why did God have to be Jesus?
Zur deutschen Originalversion: Warum musste Gott Jesus sein?


Next devotion: Onvolwassenheid en Gehoorsaamheid

Previous devotion: Switserse Kaas


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration