Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Rabbi waar is U tuis? - Kom kyk!

“Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Daar is die Lam van God! En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg. En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi – dit wil sê, as dit vertaal word, Meester – waar is U tuis? Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur. Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus.”

Johannes 1:35-42
 

Ek wil julle vandag uitnooi om eenkeer heeltemal onpartydig en onbevooroordeeld julle blik op Jesus te rig en soos die dissipels van Johannes die Doper te vra: “Rabbi, waar is U tuis?” “Kom kyk!” - was Sy uitnodiging aan die dissipels en hierdie woorde geld ook vir ons. In die Johannes Evangelium is hierdie woorde van Jesus: Kom kyk na die eerste woorde wat Hy met ons mense gepraat het. Ek wil vandag beroep op julle doen om hierdie uitnodiging van Jesus aan te neem en Hom te volg. Ek wil julle aanmoedig, dat elkeen hom of haarself op die “Ontdekkingsreis”in die wêreld van die Evangelium begewe. Die Markus Evangelie is die kortste berig oor die lewe van Jesus, en op grond daarvan, is dit miskien 'n goeie intog in die woorde en dade van Jesus.

Dit moet werklik die objektief van elke Christen wees, om Jesus so onpartydig moontlik te leer ken. Ek dink, as die Apostels Jesus nie oor die tydruim van drie jaar leer ken het en alles met Hom gedeel het nie, sou hulle defnitief nie sulke dapper getuienisse van Sy opstanding geword het nie. Maar, wie anders sal vandag getuienisse wees van Jesus se opstanding, as ons Christene? Ek wens my baie dapper Christene wat geesdriftig is vir die boodskap van Jesus en Sy opstanding.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Rabbi where dwellest Thou? Come and see!
Zur deutschen Originalversion: Rabbi wo wohnst du? - Kommt und seht!


Next devotion: Switserse Kaas

Previous devotion: Niks is onmoontlik nie


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration