Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Gaan dan nou heen

“Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie – van gister of van eergister of vandat U met U kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie? Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê. Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.”

Exodus 4:10-13
 

Verlang God te veel wanneer Hy ons kies en daar aanstel waar ons is? Is ons, as Christene, eintlik in 'n posisie om dit wat voor ons lê teë te gaan? Hierdie vraag het in my gedagtes gekom toe ek hierdie ingangsteks lees. Ons is nie Moses of iemand anders uit die Bybel nie, maar is dit so ongewoon om onsself ook in ons geestelike lewe hierdie vraag te stel, wat God vir ons beplan het – ook as ek myself iewers heeltemal anders sien? As mens dit heeltemal eenvoudig wou formuleer, stel mens vas dat God letterlik gehoorsaamheid en vertroue verlang, en daarvoor liefde en verlossing skenk. Nie omdat God dit moet doen nie, maar omdat HY dit wil doen en netso betref dit ons gehoorsaamheid. Partymaal skommel mens heen en weer. Aan die een kant mag ons aan 'n voorbereide lewe as 'n kind van God glo soos ons lees in Psalm 139:16-17 “U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar is dan vir my U gedagtes, O God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!” Aan die ander kant is ek ook bewus daarvan dat God wil hê dat ons Hom soek en Hy sorg dat ons Hom ook vind (Spreuke 8:17). Vir die doel van die geloof (ons siel se saligheid) sorg alleen God. Maar geloof is nie in isolasie nie, dit laat toe om saam te praat en veral saam te mag glo en moet glo. God duld weerspreking, maar Hy verander nie daardeur Sy planne en doele met enige mens wat HY vir verlossing gekies het nie. Ons is kwasie vry om ons posisie self te skat, maar “wanneer” God beter weet, hoe kan HY ons toelaat om iets tot ons nadeel te laat doen sonder om ons daardeur te beskadig? Hoe kan Hy ons dan terselfdertyd belowe dat alles ten beste vir ons sal uitwerk? Ons hele lewe is 'n soektog, maar dit is geen speletjie nie, dit help ons eerder om te verstaan en te leer wat “Geloof” beteken.

'n Mens glo nie deur geloof dop te hou nie. God berou nooit SY besluite nie (1 Samuel 15:29) en die Geestelike genadegawes en die roeping wat Hy 'n gelowige skenk doen God met oortuiging (Romeine 11:29). Het ek nog 'n invloed op my eie lewe? Dit sal ek graag wil sien, al is dit net oor onbelangrike klein dingetjies wat ek so moet aanvaar soos dit is. Dit hoef nie alles altyd so te bly nie (alles het sy tyd), maar dit wat ek dink is goed of beter vir my is nie noodwendig die maatstok van my geloof en God se handeling nie, maar alleenlik God se wil en wysheid. Ons mag vrae stel, ons onsekerheid of ongeduld uitspreek en met God argumenteer, maar ten einde moet ons ook vertrou dat God ons sien en nooit vergeet nie. God het kwaad geword toe Moses niks van sy roeping wou weet nie. God het van Moses se “swaar tong” geweet en het alreeds 'n oplossing gereed gehad met Aäron (Exodus 4:14). Dit het niks te doen met wat ons opinion van onsself is nie. Ook nie of ons die tydstip vir een of ander taak reg of verkeerd skat nie. Iets konkreet wat ek vir God moet doen, moet ek ook doen. Dit wat ek daarvoor benodig, sal ek bekom – definitief. Maar in alles is die menslike faktor altyd teenwoordig. God reageer ooreenkomstig. Paulus het aan die Korinthiërs soos volg geskryf: “Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.” In hierdie samehang: God seën julle!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Now therefore go
Zur deutschen Originalversion: So gehe nun hin


Next devotion: Loof die Skepper!

Previous devotion: Gebed, Smeking, Danksegging


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration