Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Loof die Skepper!

“...Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.”

Psalm 148:6b
 

'n Paar dae gelede het ek toevallig 'n gesprek tussen twee vroue gehoor. Dit gaan daaroor watter mondfase die beste is vir vensters was of hare sny. Een van die vroue wend haar na my toe, en alhoewel ek vir haar sê dat ek nie daaraan glo nie, verduidelik sy nogtans vurig dat sy die beste ervaring daarmee het. Uit eie kennis weet ek, dat die maan wel 'n rol speel in mens se sirkulasie en selfs hormoon dieptes en hoogtes kan veroorsaak. Elke kind leer op skool dat die aarde en die mond in samehang getye en vloede beinvloed en veroorsaak. Omdat die liggaam uit ongeveer 70% water bestaan is dit moontlik dat hierdie getye ook 'n uitwerking op mense kan hê.

Of dit bewys is of nie, dit is 'n feit dat mense alreeds vir baie jare in alles 'n bekragtiging soek en veral die maan en sterre as hulp en geluksbringer wil sien. (Jesaja 47:13) Mense rig hulle aan die mondfase kalender en bevra die sterre en bestudeer elke horoskoopsbild geskryf deur mense wat dink hulle besit wysheid oor hierdie dinge. Een groot jammerte daarvan is dat mense daarmee die “Een” wat die hemelsliggaam geskep het ontwaardig, naamlik ons Skepper. God het vir ons hierdie nagligte geskenk, aan die een kant vir oriëntering maar ook vir ons vreugde, maar hulle dien net as ligte en vir niks meer nie. Indien ons die krag van die son, maan en stêrre meer interpreteer as waarvoor God dit bedoel het, vereer ons met ons gedrag die skepping meer as die Skepper.

Ek hou veral daarvan, in Psalm 148, hoe besonders op die rang van God se skepping nagewys word. Alles wat God geskep het, of dit die son, maan of stêrre is, sal Hom loof en Hom so roem betoon. Die hele skepping word geroep om hulle aan Hom te wend wat oor alles beheer het. Naamlik God, ons Vader in die Hemel. Ons moet bewus word wat dit beteken om so 'n volkome Skepper te hê en as 'n geheel almal saam vir Hom die mees geweldigste loofprys van alle tye bring.

God se loof in die hemel en op die aarde
HALLELUJA! Loof die Here uit die hemele; loof Hom in die hoogtes! Loof Hom, al Sy engele, loof Hom, al Sy leërskare! Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hý het bevel gegee – en hulle is geskape. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie. Loof die HERE van die aarde af – groot seediere en alle dieptes! Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat Sy woord volbring; berge en heuwels, vrugebome en alle sederbome, wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls; konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde; jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges – laat hulle die Naam van die HERE Loof! Want Sy Naam alleen is hoog; Sy majesteit is oor aarde en hemel! En Hy het 'n horing vir Sy volk verhef: 'n roem vir al Sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

Wees hartlik geseën

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Praise the Creator!
Zur deutschen Originalversion: Lobe den Schöpfer!


Next devotion: Madeliefie liefde..

Previous devotion: Gaan dan nou heen


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration