Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Gebed, Smeking, Danksegging

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.”

Fillipense 4:6-9
 

Oor niks besorg wees nie? Kan hierdie stipulasie ernstig bedoel wees? Mens kry niks verniet in die lewe nie! Mens moet baie hard vir alles werk en, wie te laat kom betaal die prys in hierdie lewe! Baie mense dink so, of amper so – dit is hulle eie ervarings en miskien ook joune? Die praktiese stelling om mens oor niks te bekommer nie, klink miskien soos 'n provokasie, absoluut onrealisties en onmoontlik. Miskien kan mens selfs as gelowige mens partykeer net moeg daaroor glimlag? As ons, as Christene eerlik wil wees, sal ons erken, dat hierdie “jouself bekommer” meesal die resultaat van 'n mangel aan geduld is – en dit (geduld) het ons almal altyd nog nodig (Hebreërs 10:36). So, nie ongetwyfeld 'n mangel aan geloof nie! Wat ons regtig goed kan doen, is om ongeduldig en bekommerd te wees! Om te wag kan partymaal ook 'n proefing wees! Is ons oop daarvoor? Die realiteit van die lewe in hierdie koue, onpersoonlike, perspektieflose wêreld veroorsaak partymaal ongeëwenaarde bekommernisse. Maar die liefde en genade van God in ons lewe is die beste en mees lonende antwoord daarop. Die vraag is nie wat kan God nie, maar wat moet en mag gebeur, om ons geloof te versterk en ons bestemming te vind. In hierdie wêreld kan net 'n gevestigde geloof ons geduld gee (Jakobus 1:3) en die geduld bring 'n werk in ons in stand, tot ons voordeel (Jakobus 1:4). Ons moet iets leer en dit was ons geleer het, ontvang het, gehoor het, gesien het moet in ons tot volle verwerkliking kom (deur God se toekenning) om in God se vrede kommervry te wees. Wat ons nie (of nog nie) bekom het en nog nie verstaan en geleer het nie, sal God ook nie van ons vra of verwag nie. Niks is onmoontlik in die geloofslewe nie – net mense, tydstippe, doele en toekennings – alles op die maat en wyse wat God vir reg hou – ook in jou lewe! Mens kan leer om geloof te hê. Veral daardeur dat man geloof nie van sy (hele) lewe skei of laat skei nie. Paulus het in 2 Timótheüs 3:14-15 aan sy pleegseun gesê “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.”

Wanneer ons in Jesus Christus bly, dan het ons werklik nie nodig om ons oor enige iets te bekommer nie – dit is geen bewering nie, maar die reine waarheid en die logiese konsekwensie van die mag, liefde, genade en vrede van God. Sal ons angs, senuweagtigheid, onrustigheid, twyfel, onsekerheid, kommer en depressie hê wanneer Jesus met oop arms voor ons staan en vir ons glimlag? Ja, laat ons eerder met Sy Gees in ons harte woon (2 Korinthiërs 3:3). Wat ons ontvang het, is nie in staat tot twyfel nie, want God se Gees twyfel nie aan Homself nie maar tree ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges in (Romeine 8:27). Die geloof twyfel nie, anders is dit geen geloof nie. Wat ons daaraan hinder, om byvoorbeeld berge in die see te werp, is nie ons groot of klein geloof nie, maar die twyfel in ons harte (Markus 11:23). Maar wat ons nie ontvang het nie, moet ons ook nie onnodige hoofpyne gee nie. Ons geloof moet uitgewerk word in dit was ons geleer en ontvang het. As ons onsself bekommer oor dinge wat nie aan ons gegee is nie, kan niks opbouend daaruit kom nie. Elkeen van ons het nie die gawe om berge te versit, op water te loop, siekes gesond te maak of te preek, ontvang nie. In eerste linie het ons almal die vergewing van ons sondes ontvang – daarin durf en sal ons gevestig wees (Romeine 6:11). Daaraan sal ons nooit twyfel nie. En as ons nou deur die Evangelie van Jesus Christus verlossing, die ewige lewe en die Koninkryk van God ontvang het, watter mangel of watter onsekerheid in die lewe sal ons werklik nog vrees? Paulus skryf in Romeine 8:31-32 “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?”

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Prayer, Supplication, Thanksgiving
Zur deutschen Originalversion: Gebet, Flehen, Danksagung


Next devotion: Gaan dan nou heen

Previous devotion: Vrees vir God?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration