Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Veranderte Mense

“Wanneer Hy sê: Ek sal U Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.”

Hebreërs 2:11-12
 

Ons mense voel somtyds nie goed in ons eie vel nie. En wanneer ons saam met ander mense en karakters is, vind ons dit soms baie moeilik om regtig ontspanne en tevrede te wees. Dit is in samehang met voorliefde, sienswyse, ervaring, belangstellings en opvoeding. Baie mense oorweldig ons, maak ons aggresief of verveel ons. In Jesus se tyd was dit waarskynlik ook nie anders as vandag nie. Ons skat party mense vir ongekwalifiseerd of te dom om ons belange te deel. Hierdie oortuiging wys dan sekerlik eerder ons eie arrogansie en die hardheid van ons eie harte. Maar miskien is dit partykeer ook reg? Ons kies self ons vriende, en hoop ook partykeer om self gekies te word. Jesus se prioriteite en doele was anders. Hy was net begaan oor waarheid en geregtigheid. God is besorg oor dit wat binne is en nie oor die uiterlike of die wisselvallige menslike voorliefde nie. Jesus het mense anders gesien as wat ons dit doen. Vir Hom was dit duidelik dat geen mens, op die regte manier en met die gevoel dat hulle behoort, nader aan God kan kom sonder Hom en Sy geregtigheid nie. Daar was geeneen te goed of te sleg, te slim of te dom nie. Inteendeel, almal was as gevolg van hulle sonde heeltemal onbevoeg, diskwalifiseerd en ongeskik vir God in die hemel. Dit gaan om meer as net opervlakkige voorliefde of gemeenskaplike belange omdat God Sy familie gestig en gekoop het. In Titus 2:11-14 staan geskrywe: “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as Sy eiendom te reining, ywerig in goeie werke.” Omdat God gelowige mense so verwandel en voor Sy aangesig bring, dat hulle vir Hom 'n welbehae is, is die almagtige God ook glad nie verontrus om ons met Sy hele liefde, genade en waarheid tegemoet te kom en aan te neem nie.

Ons mense skaam ons partykeer vir mekaar, maar God, wat meer rede het om Homself van ons af te wend, het ons met Homself versoen, daardeur dat Hy ons deur Jesus Christus gered, gereining en lewenswaardig gemaak het (2 Korinthiërs 5:19). Net daardeur is ons bemin en aanvaar. En net daarom moet ons ander mense net so behandel en net so oor hulle dink. God is lief daarvoor om Homself vir ons te wys, en met die verlostes te identifiseer daarmee dat Hy Sy Heilige Gees in gelowiges bevestig. Paulus skryf in Efésiërs 2:17-22: “En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.” Omgekeerd moet ons ook nou bely dat ons in God glo, dat ons, ons nie daarvoor skaam dat ons in Jesus Christus glo nie, en dat ons redding, seëninge en ons ewige toekoms alleen in Hom is. In Lukas 9:26 staan: “Want elkeen wat hom skaam vir My en My woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in Sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.” Ons het geen rede om ons te skaam nie. Die wêreld is nie die maatstok vir reg en verkeerd, werdvol en werdloos nie. God het die gesag en die waarheid in Homself verenig. Die waarheid bevry ons om God te sien as ons Hemelse Vader, en Hom lief te hê vir wat Hy is en wat Hy vir ons gedoen het. Die vergewing van ons sondes deur Jesus Christus skenk ons God se volmaakte liefde en opmerksaamheid. Ons behoort vir ewig aan God – Hallelujah!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Transformed people
Zur deutschen Originalversion: Veränderte Menschen


Next devotion: Die Geloof is nie almal se ding nie

Previous devotion: Hoe kom ek in die hemel?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration