Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Madeliefie liefde..


 

Geliefdes

Julle ken seker ook die “Hy het my lief, hy het my nie lief nie...”, wat ons as kinders gespeel het en daarby 'n madeliefie se blomblare een na die ander afgepluk het, terwyl ons in ons gedagtes spartel tussen “hoop en bangwees” oor wat die laaste antwoord sal wees.

Ons weet, gebaseer op die Bybel, dat God ons bedieningsloos lief het, maar meeste van ons ken sulke oomblikke, wanneer ons met ons eie onvolmaaktheid pynlik gekonfronteer word en ons onsself nie in die gesig kan kyk nie? Ek ken dit, en vra dan “Het Hy my lief, of het Hy my nie lief nie?”

Het U my lief HERE, as ek ontrou aan U is?
Het U my lief HERE, as ek U in woord en daad verloën?
Het U my lief HERE, as ek twyfel dat U dit goed met my bedoel?
Het U my lief HERE, as ek U uit die blik verloor en my eie weg gaan, omdat ek dink ek weet beter?
Het U my lief HERE, as ek liefdeloos teenoor ander is?
Het U my lief HERE, as ek my tong nie in toom hou nie en woorde sê wat nie tot U eer is nie?
Het U my lief HERE, as ek die geduld verloor en ongereg doen of dink?
Het U my lief HERE, as ek in die vele daaglikse geleenthede versuim om die sout en lig vir U te wees?

Ek dink, elkeen van ons kan oneindig vele vrae by hierdie lys voeg. Juis as ons die waarheid oor onsself vierkant in die oë kyk: HET U MY LIEF HERE...?

Vir my is dit so, asof Jesus self aan ons wil sê: “My geliefde kind, wanneer verstaan jy eindelik, dat my liefde vir jou nie daarvan afhang wat jy doen of nie doen nie? My liefde is volkome en groter as jou onvolmaaktheid. My liefde is dieper as elkeen van jou oppervlakkighede. My liefde is getrou en oorkom al jou verloëninge en twyfel. My liefde het vir jou na die kruis gegaan om onherroeplik tot in alle ewigheid te wys dat Ek jou lief het. Ek het jou onvoorwaardelik en volkome lief!”

En sprakeloos staan ons voor HOM en kan dit skaars glo, dat HY vir ons ook, soos vir Petrus selfs na sy grootste mislukking, die hand uitsteek en vir ons vra: Het jy my lief...? Dit beroer my, dat HY nie na ons “goeie dade” kyk nie, ook nie na dit wat ons “verteenwoordig” nie, HY kyk diep in ons harte in en wil net een ding, naamlik dat ons ons harte heeltemal aan HOM toevertrou.

HY stel hierdie vraag ook vandag aan jou: Het jy My lief...? Hoe sal jy HOM antwoord...?

Wees geseënd in al jou doen en late

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Daisy love....
Zur deutschen Originalversion: Gänseblümchenliebe..


Next devotion: Dankbaarheid en moed

Previous devotion: Loof die Skepper!


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration