Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Hoe kom ek in die hemel?

“In die huis van My Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.”

Johannes 14:2
 

Hoe kom ons in die hemel? Dit is vandag se vraag. As mens na baie mense luister, hoor mens verskillende menings.

Die Bybel sê: “jy moet jou naaste liefhê”. So as ek goed teenoor ander is, vervul ek die wet. As ek dus goed is, volg ek die voorbeeld wat Jesus ons gegee het.

Maar, die Bybel sê ook (Jakobus 2:10) “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” En wie van ons kan sê dat hy op sy eie houtjie die hele wet kan onderhou?

Ander glo dat die doop ons van ons sondes reinig. As ons dus gedoop is, kom ons in die hemel, want dit staan in die Bybel (Markus 16:16) “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word”.

Maar wie die vers verder lees, vind daar: “maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” So, dit is meer oor die geloof as oor die doop – wat slegs 'n uiterlike teken in die wêreld is. En selfs as die doop ons miskien kan reinig – die lewe en ons sonde hou nie na die doop op nie.

So is dit die geloof aan God wat ons geskape het, die geloof aan Jesus wat as mens aarde toe gekom het en die Heilige Gees, wat in ons wil woon? Kom ons deur hierdie geloof in die hemel?

En 'n derde keer moet ek julle teleurstel. Selfs satan glo aan die skepper. Maar hierdie geloof sal hom, net so min as vir ons, red. Dat daar 'n God is, om daarin te glo, is net die fondament om gered te word, dit is nie die voleinding nie.

Die ware geloof, waarvan die Nuwe Testament praat, is die geloof aan die kruisiging en weeropstanding van Christus. Eers wanneer ek glo dat Jesus vir my eie persoonlike skuld aan die kruis gesterf het, is ek op die regte pad. Op die kruis het Jesus die skuld van die hele wêreld op Homself geneem, Hy wat self geen skuld gehad het nie.

Hy het die skuldbewys, wat my van God geskei het, opgeskeur. Eers wanneer ek my skuld erken en hierdie geskeurde skuldbewys voor God se aangesig hou, as ek aanvaar dat Jesus vir my skuld gesterwe het, is ek werklik gered.

Slegs hierdie geloof en niks anders nie is die weg wat die hemel oopmaak. Alles anders, soos die goeie werke en die doop is net nuttige bykomstighede, maar alleen is hulle heeltemal nutteloos. Solank as my skuldbewys nie opgeskeur is nie, is en bly ek verewig 'n verlore sondaar!

Het jy Jesus se offer reeds vir jouself aanvaar? Het jy dit vir jouself aangeneem en dit aan die Vader voorgelê?

Ek wens jou 'n geseënde dag waarin jy in vryheid kan lewe.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: How do I get to heaven?
Zur deutschen Originalversion: Wie komme ich in den Himmel?


Next devotion: Veranderte Mense

Previous devotion: Maak die deur hoog


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration