Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christus of Muhammed

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.”

Jeremia 29:11
 

Dit is net 'n week gelede na die verskriklike aanvalle in Parys. Die dag voor gister was daar die aanval met die geiselaar situasie in Mali en op die oomblik is daar die hoogste terrorisme waarskuwing in België verkondig. Oor die baie terroristiese aktiwiteite in Afrika en elders in die wêreld is daar skaars nog enige berigte in die nuus – daar is net eenvoudig te veel. En nogtans is dit relatief waar in die wêreld dit plaasvind – elke mens deur terroriste vermoor is een dooie te veel.

Hulle het almal families wat treur omdat hulle geliefdes verloor het.

Nee, ons mag nie nou alle Muslims veroordeel nie, maar die terroriste beroep hulself op die Koran, waar dit geskryf is dat hulle alle ongelowiges (Sura 9.5) moet dood maak. Die geleerdes redeneer oor die korrekte interpretasie van die Koran. Maar dit is ook taamlik onbelangrik vir my, want ek glo nie aan hulle Allah nie, ek het 'n liefdevolle God en Vader, Yahweh en Sy Seun Jesus Christus.

Hoe anders klink dit tog, as ons die Bybel lees: “Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.” (Lukas 6:27)

Met hierdie sin het Jesus ons geen sorgvrye lewe belowe nie. Om sy vyande lief te hê kan soms baie heftige lyding veroorsaak. Maar vir ons is ons dood nie die einde nie, ons sal in God se heerlikheid ingaan en verewig getroos word. So sê ons vers vir vandag ook dat ons aan die einde in die vrede van God in kom.

So vra ek myself, hoe baie mense tot hul besluit kom wanneer hulle tussen 'n onberekenbare Allah en 'n liefdevolle, genadige God moet besluit. My besluit is duidelik!

Ja, en hierdie liefde teenoor ons vyande beteken ook, dat ons hulle moet vertel dat daar 'n liefdevolle Vader is wat hulle graag ook in Sy Arms wil omhels. In die wêreld wek geweld, geweld, Frankryk veg nou verder teen Syrië en maak beroep op Europa om hulle by hulle aan te sluit. Dit is nie die pad wat ons Here ons aanbeveel het nie.

Geweld is nooit die oplossing nie!

So wens ek julle 'n geseënde dag in Sy vrede

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Christ or Muhammed
Zur deutschen Originalversion: Christus oder Muhammed


Next devotion: Maak die deur hoog

Previous devotion: Die Versoening van my lewe


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration