Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Wat sal ek sê?

“Die Woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak. Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jong. Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE. Toe het die HERE Sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek My woorde in jou mond.”

Jeremiah 1:4-9
 

Soms, as ek sit om vir julle 'n oordenking vir die dag te skryf, staak my gedagtes. Ek kan nie aan enigiets dink wat ek vir julle wil sê nie... maar wag, “wat ek vir julle wil sê nie”? Dit gaan hier nie oor my nie, oor my idees en verbeelding nie! Ek is net die boodskapper en moet dit sê wat God sê!

Toe dit weer vir my duidelik word, word ek nederig en praat met die Here. Ek maak Sy Woord oop en lees wat Hy vir my te sê het. My woord is net 'n eenvoudige menslike woord, maar Syne het mag en kreatiewe krag! Het een mens dit nog ooit reggekry om met sy woord iets te skep, al is dit ook hoe klein? Maar Sy Woord het die hele wêreld geskep, en alles wat daarop is!

Iemand wat goed met woorde kan omgaan en baie Bybel kennis het is nie noodwendig ook 'n goeie predikant nie – 'n goeie predikant is eerstens 'n goeie luisteraar, wat God se Woord hoor, wat 'n enge verhouding met God het en dit wat hy hoor ook kan verder gee.

Hoe dikwels ondervind ons 'n ingewing om van God te vertel, maar ons meen dat ons te jonk is, ons kan nie goed genoeg praat nie, ons is nie belangrik genoeg nie, of wat ook al....

Miskien het jy nog nooit agter 'n preekstoel gestaan nie, miskien skryf jy nie oordenkings nie – en tog voel jy gedwing om van jou geloof oor God te vertel, of dit aan familie, aan bekendes, in die skool of by die werk is. Al die verskonings wat jy dan wil uitdink, weet God reeds, maar Hy wil en sal die woorde in jou mond lê, as jy bereid is om jou mond oop te maak.

Hy is die Een wat by die skepping gepraat het, Hy het met Israel gepraat en Hy praat vandag nogsteeds met ons. En Hy sal ook praat wanneer ons eendag voor Sy hemelse troon staan. Net Sy Woord tel, nie dit wat ons, ons uitdink nie.

Wanneer het jy die laaste keer Sy Woord gehoor? Wanneer en aan wie het jy dit verder vertel?

Ek wens julle 'n geseënde dag toe met 'n hart wat luister.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: What should I say?
Zur deutschen Originalversion: Was soll ich sagen?


Next devotion: Alleen is jy klein

Previous devotion: Skaduwee Christen


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration