Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Alleen is jy klein

“En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.”

Handelinge 2:42
 

Altyd weer op min of meer alle webtuistes word hierdie vraag gestel: “Het ek as Christen 'n gemeente nodig/Moet ek as Christen kerk toe gaan?”

Hierdie vraag kom dan altyd van mense, wat in die volgende sin wil motiveer, hoekom hulle geen kerk bywoon nie. Die een is deur sy voormalige gemeente teleurgestel, hy was sleg behandel, die ander een is al sedert jare of dekades op soek na die perfekte kerk, maar vind altyd iets fout daarmee, die derde soek na die regte onderrig en meen dat geen kerk saamstem met sy standpunte nie.

Om op te som, ek dink, 'n Christen sonder 'n Gemeente/Kerk werk nie. Vandag se Bybelvers sê ook dat alreeds die eerste Christene standvastig in hulle Kerk gebly het. Ook in Hebreërs 10:25 is ons aangemoedig om nie van die gemeenskap in die Kerk af weg te bly nie.

Wat is dan met al die besware? Ek dink, elkeen sal eers maar tot die besef kom dat hy 'n sondaar en geen perfekte mens is nie. As daar dan 'n perfekte Gemeente was en ek gaan soontoe – dan sal hulle nie meer volmaak wees nie, want ek, as mens, is onvolmaak!

Toe ek begin glo het, het ek ook eers vir 'n geruime tyd na 'n Kerk gesoek. Natuurlik is elke Kerk anders, daar is ander mense en ook ander prioriteite in hulle Geloofsbeleid. Maar, ek mag nie gaan stil staan by die soek nie – ek moet besluit watter Kerk die beste by my pas, in persoonlike sowel as Geloofsbeleid.

Die perfekte gemeente sal ons eers later in die hemel hê, nou moet ons met ander mense oor die weg kom. En dit hang ook van my af, hoe die gemeente lyk.

Sekerlik gebeur dit ook nou en dan, as mens self of die gemeente verander, dat mens van Kerk verander. Maar ook dit moet mens eers goed oorweeg. Veral dan wanneer daar probleme is, is ek veral uitgedaag in my gemeente. Vir mense wat by elke kleinigheid van kerk verander word dit amper soos 'n stokperdjie. Om van kerk tot kerk te spring, moet mens eers maar goed oorweeg of die probleem nie dalk by jouself lê nie.

Ook my gemeente het soms probleme, ook hier het ons konflikte en rusies. Maar as ons probeer om dit liefdevol tegemoet te gaan, is baie probleme glad nie so groot soos hulle aan die begin lyk nie.

Om op te som, bly nog net dit om te sê: Bid kan jy alleen in jou stil kamer, maar jou geloof leef jy net uit in gemeenskap met ander Christene.

Het jy 'n permanente kerk?

Ek wens jou en jou gemeente nog 'n geseënde dag.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Alone you are small
Zur deutschen Originalversion: Einsam bist du klein


Next devotion: Geloof en Wet

Previous devotion: Wat sal ek sê?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration