Wie ken nie die Tien Gebooie nie? Een vind dit goed, 'n ander rebelleer daarteen dat dit altyd weer sê: jy mag..., jy mag nie. Toegegee, ek hou ook nie altyd van hierdie aanmanende wysvinger nie. En daarom wil ek vir julle vandag aan die Tien Gebooie anders geformuleer, voorstel:
1 Jy mag die God van Israel en die God Jesus Christus as die enigste God aanbid. Jy hoef nie ander gode en plaasvervanger-idologieë na te strewe nie.
2 Dit is jou vergun om die Naam van God te eer en te waardeer. Jy hoef nie ledig toe te kyk hoe Sy Naam deur die modder gesleep word nie.
3 Niemand verbied jou om Sondag te respekteer nie. Hou jou vry van werk en vul jou dag met ontspanning en nadenking. Neem tyd vir God en vir diegene met wie jy graag tyd verbring.
4 Wat is eintlik daarteen om jou vader en moeder te respekteer? Selfs as jy van ander mening is as hulle, sal dit jou nie kwaad doen om hulle in ag te neem nie. Na alles, hulle het jou in die lewe gebring en jou groot gemaak.
5 Jy is uitgenooi om die lewe te bewaar en dit te beskerm. Om moord en doodslag te verwerp en die lewe te bewaar wys opregte grootheid.
6 Dit is nie verbode om geleenthede van egbreek te vermy of uit die weg te gaan nie. Hoekom moet jy in ander se verhoudings inmeng? Kommer jou oor jou eie huwelik en familie en sorg vir hulle so goed as wat jy kan!
7 Wie sê diefstal is 'n nietigheid of populêre sport? Jy kan rustig lewe as jy jou nie aan vreemde eiendom vergryp nie. Ten slotte wil jy ook nie dat ander dit steel wat vir jou waardevol is nie.
8 Jy mag die waarheid vertel. Vertroue en harmonie kan net bestaan as niemand 'n ander iets probeer voormaak nie.
9 Niemand dwing jou om wellus teenoor die vrou van jou kollega of die man van jou buurvrou te koester nie. Eggenoot-omruil is miskien chic vir die een of die ander. Maar jy mag anders daaroor voel. En dit is geensins skandalig of outyds nie.
10 Hoekom voortdurend droom van ander se besittings? Jy mag daarmee waarvoor jy self gewerk het of iemand jou geskenk het, tevrede wees. Afguns het nog nooit iemand goed gedoen nie.