Dit is Saterdag middag en ek sit hier om iets te skryf. Tussen my en die computer staan 'n koppie koffie. Die koffie help my altyd weer om my gedagtes te wek. Deur my slaapapnee word ek gedurende die dag elke nou en dan moeg. So geniet ek die warm drankie om weer fiks te voel.
Paulus het ook in die Bybel oor wakker word geskryf. Hy sou waarskynlik geen idee gehad het, hoe aktueel sy woorde vir ons vandag is nie. Ons hoef net in die węreld rond te kyk om te besef dat ons al 'n geruime tyd lank in die end tyd lewe. Dit kan enige oomblik tyd wees vir ons Heer om terug aarde toe te kom.
Dit is verseker nie goed om die tyd om te slaap en te dink dat mens verewig tyd het nie. Die woorde van 'n ou lied sę:
Nou is die tyd, nou is die uur,
Vandag word gedoen, of ook vermors,
waarop dit aankom, wanneer Hy kom
Die visie van ons tyd moet wees om wakker te wees, op te pas wat in die węreld om ons aangaan en op te let wat ons kan doen om God se Koninkryk op te bou.
Baie van ons benodig 'n skop in die agterwęreld, by sommige is 'n koppie koffie genoeg, en ander kry dit ook so reg. Die wat vandag verslaap, verpas miskien die aankoms van ons Heer en bly dan hier wanneer die ander in God se Heerlikheid weggeraap word.
Is jy gereed vir dit, wat kom?
Vergader jy al skatte in die hemel?
Het jy al wakker geword?
Gryp die wapens van Lig, en bekamp die duisternis!
Wees jy die baken van lig vir jou broers en susters.
Ek wens jou nog 'n geseënde dag in hierdie end tyd