Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Dankbaarheid en moed

“Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.”

1 Thessalonicense 5:15-22
 

Bo en behalwe die vleeslike natuur het ons ook 'n geestelike natuur. Ons weet, as Christene, dat ons Jesus nie op 'n vleeslike manier kan navolg nie en dat die vlees ook geen behae daarin het nie. Maar deur die Gees kan ons leer om ons liggaam en ons denkwyse te beheers en te dissiplineer. En as ons ons geestelike “natuur” in hierdie samehang bepeins, dan is ons dankbaarheid van groter betekenis – dit is God se uitdruklike wil (vers 18) – net soos bid sonder ophou. Waarvoor konkretes kan ons altyd weer danksê? In die eerste plek vir die verlossing van sondes deur die vervulde Evangelium van en in Jesus Christus. Ook vir die Heilige Gees, die Woord van God in die Bybel, ons Gemeente en gelowige broers en susters, ons gawes en talente ens. En iets wat hier heel besonders opvallend is, is die feit dat hierdie lewe vir ons 'n diep en onsigbare geseënde betekenis het en God daaragter staan. In Romeine 8:24-31 lees ons die bekende verse, wat dit beklemtoon: “Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgebore kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?”

Wat sal ons dan hieroor sê? Dit is eerder 'n retorieke vraag, wat homself in die lopende teks self laat beantwoord. Miskien is dit dan beter min daaroor (teologies) te sê, maar God hartlik self daarvoor dankbaarheid te betoon, dat dit so mag wees en is: God is vir ons! As ons partymaal oomblikke het wanneer ons God nie regtig kan bedank nie, dan moet ons hierdie teks lees! Wie nou dankbaar is, hy is ook moedig! Die teks in Hebreërs 10:39 bring ons op die punt: “Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.” Dit is die redding van die siel wat ons wil hê en waarna ons in geloof uitstrek. Die Gees van God dryf ons daartoe (Romeine 8:14). Geloofsmoed, dankbaarheid en ook volharding is tekens van die nuwe geboorte en omvat 'n lewendige geloof. Maar is dit nou nie so, dat ons met hierdie kentekens, as ons hulle innerlik beklemtoon, vir andere eerder ongenaakbaar, aanmatigend, oormoedig en merkwaardig word nie. Egte dankbaarheid, wat ons in moedige en moedmakende mense maak, maak ons ook rustig en nederig. Wie die seën van God in hierdie dinge, en besonders in sy persoonlike en alledaagse lewe waarneem, weet dat dit uitsluitlik deur die genade en barmhartigheid van Bo moontlik is. Ons het niks verdien nie. Ook nederigheid het iets met moed te doen. Naamlik om in alle seëninge God se goedheid te erken, Wie dit beter met ons meen as wat ons dit ooit self kan verstaan. Hoogmoed gaan heeltemal in die teenoorgestele rigting. In Spreuke 11:2-3 staan: “Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenis is wysheid. Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.” Alle ere behoort aan God!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Gratitude and courage
Zur deutschen Originalversion: Dankbarkeit und Mut


Next devotion: Hoe word jy 'n mens wat aan die brand is vir God

Previous devotion: Madeliefie liefde..


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration