Van wie of kom hierdie raad? Dit is die visser, die dissipel van Jesus Christus, Petrus! Impulsief, voor op die wa, onstuitbaar, altyd die eerste daarby. Ons stel ons voor dat hy die groepleier van die dissipels van Jesus was. Hy moes partymaal bitter neerlaë deurmaak, baie daarvan pynlik en hard, wat hy vir homself ingebrokkel het. Wapen-gereed, kort van draad, ontembaar. Maar ook op die een of ander manier barmhartig. Ja, en hierdie man het God in die verloop van sy lewe heeltemaal hervorm. Soos 'n rou diamant het God hom gedurende die jare in gemeenskap met Jesus geslyp. Aan die voorbeeld van Petrus sien ons hoe Jesus Christus se gebed vervul word. Dit gaan om die proefing van geloof deur die krag van God. Jesus het vir Petrus se geloof gebid en aan hom verklaar waarom: Lukas 22:31-34 “En die Here sê: Simon, Simon, kyk die Satan het vurig beheer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie mal geloën het dat jy My ken nie.” Petrus het gou erken en geleer, dat dit God se krag is, wat hom tot geloof gebring het en hom ook tot aan die einde daarin sal behou. Dit was vir hom, by sy talryke mislukkings, baie duidelik dat hy nie in sy eie krag 'moes' deurkom nie, en ook nie 'durf' probeer nie. Hy was ook, so meen ek, baie bewus van sy eie swakheid en onverantwoordelikheid. Presies dit het Jesus hom gewys en ons lees presies hiervan voorbeelde in die Bybeltekse. So kry ons ook 'n goeie raad, nie van 'n teoretikus nie, maar van iemand wat dit met swaarkry en pyn aan eie lyf 'moes' ervaar en ten einde 'durf' ervaar. Ja, die 'moes' het met verloop van tyd in 'durf' verander. Miskien is ek, is ons, nog te vêr weg van hierdie 'durf' af om te erken, dat presies hierdie vernedering deur God, wat Hy toelaat, juis die Meestershand is, wat ons soos 'n kosbare diamant slyp.
Ons moet die Bybel nie net van binne, maar ook – soos amper altyd – van Bo betrag! Baie berigte daarin is nie net van toepassing by die mense in die Bybel nie, maar staan daarin om ONS te leer! In die Evangelie van Johannes word berig, dat Jesus aan die einde van Sy lewe op die aarde vir Petrus voorberei het deur welke dood hy God sou vereer. Johannes 21:18-19 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.” So het ons Petrus as Jesus se volgeling, wat nie net teoreties met ons praat nie, maar presies dit wat hy self ervaar en deurleef het getuig! Dit is 'n baie bemoedigende voorbeeld, want as die mense van God in die Bybel GEEN Hollywood-helde was nie, maar heeltemal “normale” swak mense, soos ons, so sal ons daardeur opgebou word en leer, dat God Sy Koninkryk nie met helde opbou nie, maar mense soek wat na Sy eie hart is, die deur Sy Gees bekwaam word om met dieselfde Krag van God, Jesus Christus se wil te doen, wat ook die wil en liefde van God is. Hier kom ons weer by die punt van die uitverkiesing deur God, wat geheel en al in die Vader se hand is, en waarin mense geen aandeel van roem het nie, waardeur eers presies dit gewaarborg word, dat God daardeur in elk geval met die mens tot Sy doel of endpunt kom, omdat dit God se keuse en krag is wat 'n mens uitrus.