Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Vrees vir God?

Psalm 34:10a

“Vrees die HERE, O Sy heiliges”
 

Ek is verheug, want Psalm 34 dra vrugte! My gedagtes dwaal na die vrees vir God. Hoe voel julle oor hierdie gedagte om vrees teenoor die Here te koester? Dit gaan hier nie eintlik oor angs nie, maar eerder oor eerbied voor God! Ek stel vir myself vrae in raam hiervan. Hoe staan ek voor Hom? Betoon ek die nodige respek vir my God? Gee ek, met my lewe, eer aan die Here? Indien nie, wat is die konsekwensies vir my en wat leer die Bybel my oor hierdie tema? Ek het hierdie woord 'vrees' in die soekmasjien op 'n Bybel bediener ingegee en het 117 treffers gekry. Daarvan het ek verskeie verse uitgesoek en hulle so gesorteer dat elke vers die ander een volmaak. Ek stel voor dat julle die verse bestudeer om die inhoud as 'n geheel te verstaan. Die Here se Woord is so wonderlik talryk en tog pas alles as 'n geheel tesame.

Psalm 76:8 “U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as U toornuitgebreek het?”

Psalm 89:8 “'n God grootliks gedug in die raad van die heiiges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?”

Psalm 2:11 “Dien die Here met vrees, en juig met bewing.”

Psalm 55:6 “Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.”

Psalm 34:5 “Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.”

Psalm 34:12 “Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.”

Spreuke 2:5 “dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind.”

Spreuke 15:33 “Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.”

Spreuke 22:4 “Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.”

Spreuke 9:10 “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennisvan die Heilige is verstand.”

Psalm19:10 “Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid – tesame is hulle regverdig.”

Psalm 111:10 “Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.”

Spreuke 1:7 “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.”

Spreuke 8:13 “Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.”

Spreuke 16:6 “Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.”

Spreuke 14:27 “Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.”

Spreuke 10:27 “Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.”

Spreuke 19:23 “Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.”

Spreuke 15:16 “Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.”

2 Korinthiërs 7:1 “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”

Ja, vrees is nie angs nie, maar eerbied, en uit eerbied ontstaan seëninge. Amen.

Wees hartlik geseënd

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Fear of God?
Zur deutschen Originalversion: Furcht vor Gott?


Next devotion: Gebed, Smeking, Danksegging

Previous devotion: Proefing van Geloof


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration