Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Heeltemal verkeerd

“Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.”

Titus 3:10-11
 

Wat is 'n ketter? Beslis nie dit wat elkeen wat 'n ander opinie gehad het in die Middeleeuse tyd, genoem is net omdat hy nie dieselfde mening gehad het as die heersende Kerk nie. Wie ookal in daardie tyd gemeen het dat die aarde nie plat is nie, maar rond en om die son wentel, was geklasifeer as 'n ketter en na die brandstapel gestuur – vreeslike tye! Na kerklike begrip, is 'n ketter in daardie tyd gedefineer as 'n wangelowige en 'n valse leraar. Paulus het beslis iets anders bedoel en hom op die suiwer Evangelium van die vergewing van sondes berus (die gesonde geloof). Hy was nie begaan oor die uiterlike nie – dit waarop baie ander hulle onderrig baseer en sodoende tesame met slimme re-konstruksies en spitsvondigheid die hele groot prent uit die oog verloor. As mens eers politiek, alewige twis, onbelangrike bysake en geskille die meriete gee vir die reddende geloof, is 'n persoon teenstrydig, vals en skuldig aan kettery. In 2 Korinthiërs 2:19-20 deel Paulus ons mee waarom dit eintlik gaan: “naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.” 'n Ketter is ook in die Bybelse sin iemand wat wegwyk van die waarheid af, wat nuwe openbaringe byvoeg en aan ander leer, en ten laaste ook nog ontken dat Jesus Christus in die vlees gekom is (2 Johannes 7-9). Iemand wat nie nugter, eerbaar of beheers is nie (Titus 2:2) en dus alles anders as 'n gesonde geloof het.

Die verloëning dat Jesus Christus mens word, wys ook die groot verleier aan, die komende Antichris, wie, net soos die slang in die tuin Eden listig gevra het: “Is dit ook so dat God gesê het...?” (Genesis 3:1) Hy wat die duidelike riglyn van die ware Evangelium verlaat, en meen dat die Boodskap van die vergifnis van sondes oudmodies, oorvloedig of nie genoeg is nie, het in die eerste plek niks verstaan nie, en sal in die tweede plek sy oordeel dra in die Oordeelsdag voor die Troon van God. Paulus skryf in 2 Timótheüs 4:3-5 aan al die teenstrydiges, die volgende aanmanende woorde wat veral in ons verdraaide, gekompliseerde tyd, ons hele opmerksaamheid verg: “want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.” Sulke mense, wat in ons eie gemeentes sal voorkom, wys hulself deur hulle pragtige preke en sal die harte van die eenvoudiges verlei (Romeine 16:18). Twisvra, woordestryd en arrogansie is kentekens van ketters (1 Timótheüs 6:3-4). Ons moet sulke mense vermy en hulle ook nie die geleentheid gee om hulle verbale gif te versprei nie – laat julle nie mislei nie (Matthéüs 24:4).

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Completely incorrect
Zur deutschen Originalversion: Ganz verkehrt


Next devotion: Proefing van Geloof

Previous devotion: Waar is jou vrede?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration