Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Waar is jou vrede?

“Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.”

Psalm 34:15
 

Shalom, hoe gaan dit vandag met julle? In die węreld bestaan daar oral stryd en oorlog tussen die mense. Mens kan partymaal nie eers in vrede lewe nie omdat 'n kwaadwillige buurman dit nie wil toelaat nie. So beleef ek dit ook partymaal in my eie omgewing en vind dit dan moeilik om myself op die regte manier te gedra. Ons word dikwels in ons lewens uitgedaag en in elke moontlike situasie word daar druk op ons uitgeoefen. Baie kere wil ek net eenvoudig skree “Los my in vrede!” Ja, ek smag ook baie na vrede, maar wie kan dit nie verstaan nie. Die hele węreld smag daarna.

Toe Jesus in die węreld gekom het, het die engele vrede op die aarde verkondig (Lukas 2:14) en ek vra myself nou al vir 'n geruime tyd waar hierdie vrede is? Is dit nie veel meer so dat Hy self die rede is hoekom daar twis tussen mense bestaan nie? Inteenstelling met die vredes-verkondiging van die engele, sę Jesus self “Ek het NIE gekom om vrede te bring nie.”

Matthéüs 10:34 “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.”

Die vervolging van Christene is al selfs in Europa. Baie van ons broers en susters word as gevolg van hulle geloof in Jesus vervolg en vermoor. Vir hierdie besluit lewe hulle in ewige angs en onrus. Open Doors raporteer talryke berigte oor die treurige gebeurtenisse in die węreld.

Maar dis nie net die węreldwye Christen vervolgings wat onrus veroorsaak nie. Selfs God se gemeente is met onrus besaai. Oral hoor mens van tweespalke in Kerke en skeiding van huwelike en families. Vrede is skaars, ook dan wanneer mens sou dink Jesus is tog die middelpunt.

Ons smag na vrede, maar is self nie daartoe in staan om vrede in ons eie kring te behou nie. Jesus het gesę: “My vrede gee Ek aan julle!” (Johannes 14:27) Waarom is dit so moeilik om in vrede te lewe as Hy tog Sy vrede aan ons gegee het? Feit is, ons moet hierdie vrede eers aanneem en om dit te doen moet ons eers vrede met God sluit. Jesus het ons onrus, al dit wat sleg in die węreld was, op Hom geneem sodat ons vrede met God kon hę. (Jesaja 53:5)

Omdat ons vrede met Hom het, kan ons ook in vrede met ons omgewing saam lewe en met alles wat daagliks op ons toe kom. Ons word vermaan om in alle gevalle vrede te behou, en selfs vrede na te jaag. (Hebreërs 12:14; Psalm 34:15)

Ek vra myself: “Waar is jou vrede en hoe interpreteer jy hierdie najaag van vrede?” Vir my beteken dit om versoenlik te wees, partymaal die eerste stap tot versoening te neem en in 'n noodgeval iets te laat gaan selfs as ek voel dat ek verkeerd behandel is of dat ek reg was. So, wil ek myself, terwille van vrede, deur die Heilige Gees laat lei om reg te handel, al maak dit ook seer. Die glorie behoort aan God! Amen.

Romeine 12:18 “as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

Gods reikste seëninge

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Where is your peace?
Zur deutschen Originalversion: Wo ist dein Friede?


Next devotion: Heeltemal verkeerd

Previous devotion: Die Water Kringloop


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration