Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Noue Poort

“Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan. Hoe bitterlik nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!”

Matteus 7:13-14
 

As mens praat van 'n poort, verstaan mens in die algemeen dat daar gepraat word van 'n gekontroleerde ingangsbereik tot 'n gebou. In die Skrif word twee sulke poorte beskryf as sinonieme vir gelowiges en ongelowiges of oordrewe religieuse en nuutgeborene mense. Baie keer word die “noue Poort” gesien as iets wat gepaard gaan met baie opoffering, vreugdelosigkeit en gepantserde dissipline. Maar dit is inteendeel glad nie waar nie. As dit waar was, dan sou dit nie 'n boodskap van genade gewees het nie, maar een van oordrewe Godsdienstigheid en self-verlossing. Jesus Christus is die enigste Weg (Johannes 14:6) en is netso ook die Hek van die skape (Johannes 10:7 “Ek is die hek vir die skape.”) En in Johannes 10:0 herhaal Jesus “Ek is die hek; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis gered word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.” Die smal pad en die nou poort is Jesus self, want soos die dissipels verkondig het, is daar geen verlossing sonder die Seun van God nie.

Die wye poort is die pad van atheïsme en alle ander gelowe of self-verlossings ideologie. Elke boodskap wat redding sonder Jesus Christus leer en belowe, is 'n leuen en is vals, selfs as hulle hulself Christene noem. Die apostel Lukas het dit beklemtoon in Handelinge 4:12 “Daar is geen redding by iemand anders nie. Daar is geen ander Naam op onder die hemel wat mens kan aanroep om gered te word nie.” Net soos slegs gelowiges deur die noue poort pas, vind ons hier ook geen ander plaasvervanger nie. Daarom het niemand toegang tot God sonder Jesus Christus nie. (Johannes 14:6 “...Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.”) Daarom is die poort nou en daarom protisteer die religieuse wêreld geweldig oor hierdie “ongeregtigheid” en verkondig hulle in plaas daarvan die teenoorgestelde.

Hulle maak die afleiding dat almal tog op die een of ander manier aan 'n God glo wat Homself in verskeie name en kulture openbaar. Of hy dan ''Allah'', ''Krishna'', ''Buddha'' oder ''Jahwe'' genoem word, dit is alles dieselfde en die poort is nie nou nie, maar breed. Dit is 'n infame leuen. Jesus is die Hek (of Deur) en in Johannes 10:1 staan: “Ek verseker julle, iemand wat nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van die ander kant af oorklim, is 'n dief en 'n rower.” Wie ookal verlossing en 'n plek in die hemel nie uitsluitlik in die Persoon van Jesus Christus in die Bybelse Evangelie soek en deur genade vind nie, is 'n valse leraar, 'n leuenaar, 'n verleier, 'n rower en 'n bedrieër.

Die algemene ekomeniese visie leer miskien versoening, vrede en menslikheid, maar dit is die breë hek en die breë poort, wat ten einde in die verderf lei. Vanselfsprekend durf en sal mense met mekaar praat en hulself vreedsaam gedra, maar traë kompromisse in die vorm van uiterlike broederlikheid wat gepaard gaan met onbybelse religion en die toonbeeld van skynheilige gelyksoortigheid is oneerlik (en partymal ook net gehuigel) en 'n skyn-vrede wat nie na enige waarheid lei nie. Wie aan Jesus glo (met Sy kruis wat hy daagliks opneem) en Hom volg, gaan deur die noue poort waarsonder redding nie moontlik is nie (Lukas 9:23). Die reddende genade is uniek en uitsluitlik, het Sy begin en ewige einde in die Naam van Jesus Christus. Jesus Christus is die Een op Wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun (Hebreërs 12:2). Vir party mense is dit miskien te “bekrompe” en onmenslik, maar dit is so noodsaaklik vir die sondige mens, soos die lug wat hy inasem.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The Narrow Way
Zur deutschen Originalversion: Der schmale Weg


Next devotion: Vakansie tyd – 'n tyd om jouself weer te ontdek

Previous devotion: Wat is die Evangelie?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration