Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Wat is die Evangelie?

“Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe sal ons dan die pad daarheen ken?” Daarop het Jesus gereageer: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie. As julle My ken, sou julle My Vader ook geken het. Van nou af ken julle Hom en het julle Hom reeds gesien.”

Johannes 14:5-7
 

Wat is die begin, die middel en die end doelpunt van ons lewens? Is dit 'n intelligente Sisteem? Is dit my persoonlike erkenning van wat goed en reg is? Is dit my eie begaafdheid wat my mettertyd verbeter en eindelik in 'n goddelike mens verander? Waar kom die Krag vandaan? Waar is die wil? Hoe gebeur hierdie totale omkering in my lewe? Hierdie vraag kon ek my hele lewe lank nog nie regtig beantwoord nie. Dit het meer as een oorsaak: As Christen volg ons nie 'n sisteem nie, maar 'n Persoon, ons Here Jesus Christus. Die evangelie is Jesus Persoonlik in elke persoon. HOM volg ons. Die volg van Jesus veroorsaak dat ek aan 'n persoonlike Verlossser en Here Jesus Christus glo. Dit beteken nie net dat ek dit vir waar hou dat Hy opgestaan het en lewe nie, maar ook, dat hierdie geloof daartoe lei dat ek my eie praktiese lewe in dié rigting voer. In besonder het ek in heelwat onderskeidelike en belangrike punte van my lewe nou ander idees wat nie gegrond is in enige sigbare bewyse nie. Ek glo en doen daardeur dade wat teen die stroom van die algemene masse gaan wat nie vir ander mense sin maak nie en selfs teenstrydigheid veroorsaak. In my strewe om Jesus Christus te volg beweeg ek doelbewus weg van die wêreld se prestasie sisteem en stort myself vrywillig aktief in die liefdes sisteem in (wat Jesus gevolg het). My doel is nie meer die aardse, materialistiese sukses wat afhanklik is van die mens se eie dade nie, maar om Christus al hoe meer na te streef, in myself te erken en in gemeenskap met Hom te lewe. My oorspronklike materiale uitkyk op die lewe word nou meer en meer vervang deur verhoudings met mense om my aan wie ek die liefde van Christus kan betoon. Die nuwe (bevryde) mens is die nuutgeskape mens van God, die endproduk is sy verlossing. Die mens vind homself eers dan as 'n nuwe mens voor God in die oomblik wanneer sy oë vir die eerste keer oopgemaak word en hy onmiddelik sy verlossing as 'n volkome feit erken. Dit is nie moontlik om hierdie daad te verstaan nie. Die menslike sig staan oombliklik voor die goddelike Wese, die Here Jesus Christus. As ons probeer om deur ons eie logika en geregtigheid mense te dwing om die Here Jesus aan te neem, lei ons skipbreuk. Daar is geen vrede te vind in ons eie logika nie. Die Here moet ons eers verneder en klein maak voor Hom, Hy moet ons eers 'n hart gee wat gehoorsaam teenoor Hom staan en Hom lief het.

Eers as ons geleer het om Hom te vertrou en nie meer onder dwang staan om alles self te kontroleer nie, as ons loslaat. Dan eers, wanneer ons die wete het dat Hy ons op Sy hande dra, is ons gereed om deur Hom geleer te word. Dan eers gee ons toe dat die stryd in die verhouding tussen mens en God oorwin is en nie meer neutral is nie. Die objektiewe verhouding tot die probleem is in gronde selfbedrog. Ons is steeds nie heeltemal vry van alle verantwoordelikheid nie – in teendeel! Daardeur dat God die mens nuttig gemaak het, het ons 'n nuwe verantwoordelikheid, naamlik om dit wat onsigbaar is, wat met ons gebeur het, die ewige redding van God, aan die wêreld te verklaar en sigbaar te maak. So het ons as wedergeborene mens die taak om aan die wêreld te bewys dat God 'n mens so kan verander dat hy met God in gemeenskap kan lewe en dat die mens geskape is om die Here te prys en Hom al die verheerlikheid en loof te gee. Vir hierdie sentrale werk, (Hebreêrs 9:12) om Hom te kwalifiseer as Hoëpriester, het Jesus die Borg geword toe Hy Sy offer vir eens en altyd op die kruis gebring het. Hy het vir ons sondes gesterf! Daardeur is al ons sondes vergewe! Paul Washer het gesê dat dit 'n ondenkbare raaisel vir hom is hoe God uit die karakter van 'n degeneratiewe mens iets nuuts kan skep! Hierdie verwondering deel ons met hom, of hoe? Maar God het dit reggekry! En ons glo Hom en aan Hom! In Johannes 3:8 staan “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. So is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” Die mens wat uit die Gees gebore is het geen verlede (sy verlede is nietig verklaar) en geen toekoms nie (want aan sy wedergebore status hoef niks verder gedoen te word nie) maar ewige teenwoordigheid in die aangesig van God. Ons sondes is heeltemal en onvoorwaardelik vergewe – dit sluit al ons sondes in – in die verlede, die hede en in die toekoms! Dit is die werk van die Seun van God! Die werk van die Heilige Gees wek die geloof, lei ons na die waarheid toe en ons is verewig verseël (gemerk) as God se eiendom, wat aandui dat ons nooit weer verlore kan gaan nie en tot in die ewigheid aan God behoort.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: What is the Gospel?
Zur deutschen Originalversion: Was ist das Evangelium?


Next devotion: Die Noue Poort

Previous devotion: Die wil van die Verlosser


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration