Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Tyd


Prediker 3
 

Waarvoor gebruik julle, julle tyd?
As ek uitreken hoeveel tyd ek werk (ok, miskien is dit my eie skuld...), as ek daarby die ure tel wat ek elke nag slaap, en dan nog vir inkopies, eet, opruim, skoonmaak,... ja, daar bly nie veel tyd oor nie.
Ok, al hierdie dinge is noodwendig om te lewe. Maar ons maak 'n fout as daar geen tyd oorbly om te lewe nie. Want om te lewe moet ons ook 'n tyd hê om te plant,... 'n tyd om gesond te word,... 'n tyd om te dans,... 'n tyd om te omhels,... 'n tyd om te behou,... 'n tyd om te swyg,... 'n tyd om te praat,... 'n tyd om lief te hê,... en 'n tyd vir vrede. (uit Prediker 3)
Die werk, die moeite en die stryd is alles noodwendig. Noodwendig, sodat tyd en moontlikheid oorbly vir die ander dinge.
As ek geen tyd meer vir myself, my vriende en vir God oorhet nie, beroof ek eintlik vir God van hierdie tyd wat Hy my geskenk het.
Elke dag, as ek nie ook vir myself tyd gemaak het nie, as ek nie lief gehad het nie en ook nie gebid het nie, is 'n verlore dag.
Toe God die mens geskape het, het Hy oorspronklik nie beplan dat ons sou werk nie. Ons sou eenvoudig die lewe geniet het en vreugde daaraan gehad het.
Wat het ons dan daarvan, as ons net om die wil van die werk, werk? Met sekerheid geen sinvolle lewe nie...
Wat beplan julle om vandag alles te doen?

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Time
Zur deutschen Originalversion: Zeit


Next devotion: Die Vier Seisoene

Previous devotion: Jy


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration