Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Toe hulle God se Seun doodgemaak het, skryf God 'n nuwe Testament

“Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word”

Hebreërs 9:16
 

Wanneer 'n mens sterf, is daar gewoonlik erfgename en 'n testament. In die testament stel die oorledene sy wil vir sy erfgename vas. Hy bepaal wie iets van hom sal kry, en wie nie. Dit hang gewoonlik van sy verhouding met die erfgename af, of hulle hom bygestaan of verwaarloos het.

Dit is ook in die verhaal van God met ons mense nie veel anders nie. Duisende jare gelede het God 'n nuwe verbond met die mense gemaak. Hierdie verbond noem ons vandag die Ou Testament. Dan, net oor die 2000 jaar gelede het Jesus Christus, die Seun van God, in die wêreld in gekom. Jesus het verduidelik en 'n voorbeeld daarvan gestel in sy lewenswyse, oor hoe God wil hê dat ons moet lewe, hoe ons mekaar moet behandel en hoe ons verhouding teenoor Hom moet wees.

Daar was egter baie mense wat Hom nie verstaan het nie. Hulle het iets anders von God verwag. En so het hulle Hom gekruisig aan die kruis van Golgota. Deur Sy dood, het Jesus al ons sondes en ons oortredings op Hom geneem. Daarom het God 'n nuwe verbond met die mense gesluit en die Nuwe Testament geskryf.

Die ou verbond is bepaal deur die wet. Hierdie was 'n eerste stap. Die wet van die sterkere geld nie meer nie en almal in hierdie verbond het dieselfde regte. Maar die nuwe verbond gaan nog verder, dit is deur liefde bepaal. Jesus noem die hoogste gebod: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Elkeen wat homself onder hierdie gebod stel, behoort aan die nuwe verbond. Maar God het geweet dat ons, as mense, dit nooit uit eie krag sou kon doen nie. Daarom hoef ons ook nie altyd perfek te wees nie want as ons Jesus Christus as ons Heer aanneem en Hom nastreef en volg dan bedek die Bloed van Christus al ons sondes en ons is gered.

So is ons almal erfgename van God se koninkryk. Wanneer Jesus weer kom, sal ons saam met Hom oor die wêreld heers en regeer – en ons sal saam met Hom in Sy ewige koninkryk lewe.

Dit is die Nuwe Testament wat God vir ons, wat Sy kinders is, geskryf het.

En met hierdie wete wens ek julle 'n geseënde dag vandag

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: After they killed His Son, God wrote a new Testament
Zur deutschen Originalversion: Als sie seinen Sohn getötet hatten, schrieb Gott ein neues Testament


Next devotion: Skaduwee Christen

Previous devotion: Verborgenheid van die Ongeregtigheid


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration