Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Nou is die tyd, nou is die uur

“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van duisternis aflę en die wapens van die lig aangord.”

Romeine 13:11-12
 

Dit is Saterdag middag en ek sit hier om iets te skryf. Tussen my en die computer staan 'n koppie koffie. Die koffie help my altyd weer om my gedagtes te wek. Deur my slaapapnee word ek gedurende die dag elke nou en dan moeg. So geniet ek die warm drankie om weer fiks te voel.

Paulus het ook in die Bybel oor wakker word geskryf. Hy sou waarskynlik geen idee gehad het, hoe aktueel sy woorde vir ons vandag is nie. Ons hoef net in die węreld rond te kyk om te besef dat ons al 'n geruime tyd lank in die end tyd lewe. Dit kan enige oomblik tyd wees vir ons Heer om terug aarde toe te kom.

Dit is verseker nie goed om die tyd om te slaap en te dink dat mens verewig tyd het nie. Die woorde van 'n ou lied sę:

Nou is die tyd, nou is die uur,
Vandag word gedoen, of ook vermors,
waarop dit aankom, wanneer Hy kom

Die visie van ons tyd moet wees om wakker te wees, op te pas wat in die węreld om ons aangaan en op te let wat ons kan doen om God se Koninkryk op te bou.

Baie van ons benodig 'n skop in die agterwęreld, by sommige is 'n koppie koffie genoeg, en ander kry dit ook so reg. Die wat vandag verslaap, verpas miskien die aankoms van ons Heer en bly dan hier wanneer die ander in God se Heerlikheid weggeraap word.

Is jy gereed vir dit, wat kom?
Vergader jy al skatte in die hemel?
Het jy al wakker geword?

Gryp die wapens van Lig, en bekamp die duisternis!
Wees jy die baken van lig vir jou broers en susters.

Ek wens jou nog 'n geseënde dag in hierdie end tyd

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Now is the time, now is the hour
Zur deutschen Originalversion: Jetzt ist die Zeit, jetzt ist die Stunde


Next devotion: Die spot van die laaste dae

Previous devotion: Geloof en Genesing


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration