Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Niks is onmoontlik nie

“As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!”

Matthéüs 7:11
 

Mens kan jouself baie dinge voorstel – en inderdaad ook op die valse aard en wyse. Maar die gewaarwording en die geloof dat God altyd daar is, sal ons vervul en altyd teenwoordig wees. Hierdie gewaarwording is geseënd en kan nooit verkeerd wees nie. Hierdie wete en erkenning gee ons dan in ons onrustige en moedelose harte (Jeremia 17:9) ook die diepe bewussyn dat God altyd vir alles 'n oplossing en 'n antwoord het. As ons God vir iets vra, dan is die geloof dat vir God niks onmoontlik is nie, die vereiste daarvoor dat God ons gebede dan na Sy wil ook verhoor (Genesis 18:14). God het sy prinsiepe en sy lewensreëls en sy verwantskap met die Gees wat Hy vir ons gee, sowel as die lewe wat daaruit volg. Vir ons beteken dit in die eerste instansie dat God ons hemelse Vader is, wat ons lief het (Jeremia 31:3) en wat Almagtig is (Psalm 91:1). En daarom beteken dit, dat ek my nie moet bekommer nie (Filipppense 4:6). Wat is beter en wonderliker as om 'n Almagtige God by ons te hê, wat ons lief het? As ons voorstellings dus van geestelike natuur is en tot 'n vaste geloof en die werklikheid van God in my lewe lei, dan is die regte gebede ook nie meer 'n groot saak wat my angstig of onseker moet maak nie. Maar gebed is nie net vra nie, maar 'n uitdrukking van my verhouding tot God – my daaglikse Brood – en ook 'n uitdrukking van my gemoedstoestand.

Vertroue op God is ook ge-openbaar daardeur dat mens die vrymoedigheid en die ywer het, HOM ook altyd en in alle dinge te soek en mens se vra uittespreek. Wie God van harte soek, vind HOM ook (Deuteronómium 4:29). Ons soek God ook deur gebed en vra ons lewensvrae deur gebed. 'n Christen is 'n soekende en vraende mens met geduld en vertroue tot God! Julle word daarom beroep: “Wend julle tot God met al julle sorge, probleme, angs en wense!” Mens kan nie te veel bid nie en ons voorstellings dat God Alomteenwoordig is en dat alles wat ons betref altyd eers aan HOM verby moet gaan, kan ons altyddeur vergroot en versterk. Vra en soek is ook oorheersende karakter eienskappe in God se kinders – netso sal ons ingestel wees met betrekking tot God se Koningryk en ons hemelse Vader (Lukas 18:17). God vra ook vir ons vrae – vrae met 'n uitroepteken! Ons herinner onsself aan die ingangsteks: “As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” Wat sal jy daarop antwoord? Die vraag lui: “Hoeveel te meer?” Dit is heerlik om God te soek omdat ons, as Sy kinders, die versekering mag hê dat HY Homself sal laat vind en ons lief het. En nietemin (of juis daardeur) ons onvolmaaktheid en ons foute en bekommernisse: “As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!” (Psalm 69:33)

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Nothing is impossible
This devotion is also available in Lettisch: Nekas nav neiespējams
Zur deutschen Originalversion: Nichts ist unmöglich


Next devotion: Rabbi waar is U tuis? - Kom kyk!

Previous devotion: Wat vermag Gebed?


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration