Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Wat vermag Gebed?

“En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.”

Johannes 14:13-14
 

Wat dink ons van Gebed? Is dit eerder iets vir dagdromers? Soos die motto: “Help in elk geval nie”, of is dit 'n noodsaaklike “euwel” wat God van ons verwag? Die laaste uitweg nadat alles anders misluk het. Of 'n uitdrukking van gevorderde Christendom vir die besonders heiliges? Ons moet onsself ernstig vra: Hoor God ons ALTYD? En indien nie, wanneer of hoe? So, wat beteken dit om te bid? Dit is 'n gesprek met God, om Hom iets belangriks mee te deel. HOM opreg te dank, te loof, glorie te gee vir Sy genade in ons lewe – daagliks. In gebed kan ons vir mekaar instaan = liefde teenoor ander, vir onsself instaan = liefde vir self! Wie ander lief het, het homself ook lief (Efésiërs 5:28). Ons bid om intieme, geestelike gemeenskap met God in die persoonlikste manier te beleef. Netso om geestelike intieme gemeenskap met ons mede-Christene te ervaar. In gemeenskaplike gebed is dit moontlik. Baie dinge werk NET deur gebed (in kontrast met: “...nou help net gebed nog...”). Die gebedstyd en die persoonlike gebed is die asem van elke Christen. En soos julle weet, wie nie kan asem nie, verstik! Die gebed is DIE aspek van ons verhouding met God. Ongelukkig ook die aspek, waarvan ons die minste begryp of verstaan. Daarom voer ons ongelukkig meesal 'n minderwaardige gebedslewe, en met Hom 'n minderwaardige Christen-wees. In Matthéüs 6:7 staan: “En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.” Dit beteken, ons is NIE in parlement nie en God is nie op die kop geval nie; aan die ander kant hoef ons, ons ook nie die kop te breek om vir Hom iets te probeer verduidelik nie, Hy verstaan ons werklik.

In Romeine 8:26-27 staan: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” Ons weet nie hoe om reg te bid nie! Die Heilige Gees bid vir ons as ons Verteenwoordiger! Hy voleindig ons swak gebed. God weet dit, so my gebed is net my herinnering en bekragtiging van 'n saak wat vir my belangrik is, aan God! Op hierdie manier sal ons vir hierdie dinge bid. Die doeleinde van ons gebed moet eers sorgvuldig gefiltreer word in samehang met die Here Jesus se gegewe kriterium, volgens Sy en ons ewige Vader. Alles waarvoor ons wil bid, moet eers aan hierdie maatstaf gemeet word en net wanneer dit dieselfde gevolg kan meebring mag ons dit bid met die wete dat die resultate goed sal wees as ons dit in Sy Naam bid. In Sy Naam beteken, in Sy volmag en ooreenkomstig met Sy hoë ewige wil. Dit gaan om God se Koninkryk, Sy krag en Sy heerlikheid. God behou die reg, Hy behou die mag en heerskap in alle ewigheid! Hom sal, moet en durf ons dien, die een met blydskap, die ander buig homself net onwillig, maar hulle buig. Vir Christene gee dit GEEN alternatiewe oorsig nie. En dit is ook net deur die genade en geen dwang nie, want waar die Gees is, daar is vryheid (2 Korinthiërs 3:17).

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: What empowers Prayer?
This devotion is also available in Lettisch: Ko spēj lūgšana?
Zur deutschen Originalversion: Was vermag Gebet?


Next devotion: Niks is onmoontlik nie

Previous devotion: Bitter Wortels


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration